Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het kort ná 13:00 op die toneel aangekom en die motorfietsryer in die middel van die pad aangetref. Hy het vermoedelik met sy motorfiets reg van voor teen ʼn bakkie gebots.
“Hy het noodlottige beserings opgedoen en daar was niks wat paramedici vir hom kon doen nie. Hy is op die toneel dood verklaar.”
Volgens Vermaak is die twee insittendes van die bakkie nie beseer in die ongeluk nie, maar is wel vir skok behandel.
Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Dit lyk vir my meer of die motorfiets gegly en op sy sy deur die bakkie getref is daarom si die bakke bo op die motorfiets.Sou dit ‘n botsing reg van voor gewees het met die motorfiets in ‘n regop posisie , sou die bakkie erge skade voor op sy neus gehad het wat duidelik nie die geval is nie. Wat ook ,dis tragies en ons simpatie gaan uit na die naasbestaandes van die motorfiets ryer en wens die bestuurder van die bakkie allesterkte toe wat deur hengse trauma moet gaan.
Chris, as die Pic, van die werklike toneel is, wonder ek ook. Die lyk vir my asof die fiets van agter getref is, die voorwiel en vurke steek voor uit. Jou gly teorie kan ook reg wees mits dit agterstewe eerste onder die bakkie in is. Ek ruik n rot?
Daai motorfiets is beslis nie van voor getref nie….my innige simpatie aan die familie en vriende wat hierdie man op so jong tyd in sy lewe moes verloor het.
As ek die spul so kyk dan lyk dit my hy het die fiets met sy BULLBARS getref. Daar is n duik in die onderste deel van die modderskerm . Lyk vir my dus of daar bo oor die fiets en man geryis van agter af.. Siestog kyk waar sit sy stewel.
Motorfietse = doodskiste op 2 wiele. Dit is vandag 1 maand sedert my broerskind oorlede is na ‘n motorfietsongeluk buite die Paarl. Ek kan – en sal – nooit my opinie hieroor verander nie. Motorfiets vs. motorvoertuig – raai wie en wat kom die slegste af?
Baie dankbaar om te sien dat ons land geseën is met baie ongeluk deskundiges. Skoenmaker hou jou by jou lees.Groetnis.