Motorfietsryer sterf in botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man in sy 40’s is dood nadat sy motorfiets met ʼn bakkie gebots het, op die R711 tussen Clarens en Fouriesburg in die Vrystaat.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het die bakkie in die middel van die pad gevind, terwyl die motorfiets in die veld langs die pad gelê het.

“Paramedici het die motorfietsryer ondersoek. Hy het verskeie beserings opgedoen, maar daar was niks wat paramedici vir hom kon doen nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Meiring is die bestuurder van die bakkie nie beseer nie. Die presiese oorsaak van die botsing word ondersoek maar sover lyk dit asof die bakkiebestuurder nie die motorfietsryer raakgesien het toe hy van die hoofpad afgedraai het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Susan Hurter ·

Ons het verby die motorfietsryers gery. Hul het gewag dat die pad voor hul oop is en dan resies gejaag, nogmaals baie hartseer.

Vrae ·

Weereens ‘n klomp vrae wat gevra sal word. Spoed van motorfiets? Ligte aan van motorfiets? Kleur van motorfiets teen agtergrond? Bestuurder van bakkie se gesigsvermoë? Bestuurder van bakkie wat motorfiets nie sien nie? Bestuurder van bakkie wat ‘n kans vat om te draai en reken hy sal dit maak? Bestuurder van bakkie net doodeenvoudig nalatig?
Hoe dit ookal sy is daar net een oplossing: Elke voertuig moet met ‘n kamera toegerus word wat deel is van die voertuig se padwaardigheid. Luister u, minister Peters?

Susan Hurter ·

Teen die spoed wat die motorfietsryer gery het, kon hy binne een sekond by die bakkie gewees het. So ja die pad kon dalk oop gewees het vir bakkiebestuurder.

Vrae ·

Dit kan wees Susan.
120 km/h=33m/sek. Dus lengte van rugbyveld in 3 sekondes.
160 km/h=44m/sek. Dus lengte van rugbyveld minus 12m in 2 sekondes.
180 km/h=50m/sek. Dus lengte van rugbyveld in 2 sekondes.
Gaan kyk nou self na “Brake reaction time” op die internet en jou gevolgtrekking.
Daarom behoort 80km/h redelik veilig te wees in die nag maar wie wil nou slaap agter die stuurwiel?

Biker ·

@Vrae – Die ligte op vandag se motorfietse kan nie afgesit word nie. Daardie model fiets is nie so oud dat hy dit moes aansit na hy die fiets aangeskakel het nie. As jy jaag en daar is n blinde helling gaan jy ploeg. As jy in die aankomende verkeer se baan jaag, gaan jy ploeg.

Magda ·

Dit is baie hartseer. Baie keer as ek op die N1 ry en n motorfiets kom tussen motors gejaag en ons ry klaar 120 plus dan dink ek hoe lank gaan jy nog leef? Ek en my man was ook motorfiets bestuurders , maar het gery asof ons in n motor bestuur. Dit is n wonderlike gevoel om op n motorfiets te ry ek kan dit nie beskryf nie maar jy is baie kwesbaar.

Buitestander ·

Die is vir my weer net ‘n bewys dat baie bestuurder se gesig swak is.
Oog toetse word nie gereeld gedoen nie wat nie net bestuurder se lewe in gevaar stel nie maar baie ander se lewens.
‘n Groot asseblief aan alle bestuurders jy weet presies wanneer jy nie meer goed kan sien nie. Laat jou oë toets en voorkom ongelukke.

Isabel ·

My dogter hulle ry motorfiets. Ja vd m fietsryers jaag maar as jy voor ‘n m fiets inry het daardie persoon baie min kans. Mense dink al die hartseer. Wees maar geduldig.?

mandia ·

Dis met sulke gevalle waar ek bitter WOENDEND word. Ja dis mos altyd die motor bestuurders se skuld. Dis sommer heeltemal nonsens. Nou die dag vat n motorfiets n bakkie verby in my baan in.. AANKOMENDE verkeer. Hyhet nie n saak met my wat by hom is nie. WAT moet ek nou uitswaai vir die ARME MOTORFIETS ryer wat VERKEERD was??? Net laas week ry meneer fietsryer agter my. Ek ry n normale spoed van 65. Die raak die heeletyd ongeduldig met my spoed wat ek ry. 3 keer amper in my vas. En die 4 de keer by n toegee waar mens moet uirkyk vir verkeer van regs af jaag hy soos n mal ding verby my in die verkeerde baan reg voor n bakkie in waar die bakkie moes dood briek om hom te mis. En dan wil mense se die arme motorfiets ryers. RERIG!!!! Die ongeluk klink meer soos die motorfiets ryer se skuld.

Armando ·

Mandia(?), Ek is ‘n motorfietsryer, ‘n versigtige een. Maar met mense soos jy op die paaie, mense wat ander wil dwing om HULLE spoed te ry, en wat nie bereid is om te leef en laat leef nie, wat so na as moontlik aan die middel vd pad ry om te voorkom dat die ander ou kan verbykom, wonder ek hoe veilig ek is om die pad met mense soos jouself te deel. Ek ding jy kom al nader aan die dag dat jy ‘n motorfiets ryer gaan doodmaak. En moord bly moord, al is daar nie getuies nie, Maat.

Mev Beukes ·

Armando – ek stem 100% saam met jou. Niemand het dit uitgemaak as die motor bestuurder se skuld Mandia. Jy is bevooroordeeld en klink na ‘n baie aggressiewe bestuurder .Nee regtig, waar is die bordjie wat wys 65km per uur is normale spoed? Jy was aspris en het doelbewus ge -poer- poer. Sies vir jou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.