Motorfietsryer sterf in botsing

Die motorfiets se wrak. Foto: Netcare 911

ʼn 34-jarige motorfietsryer is Vrydag in ʼn botsing in Bloemfontein dood.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die motorfiets en ʼn minibustaxi het op die hoek van President Boshoffstraat en Parkweg in die Willows gebots.

“Paramedici is omstreeks 10:30 na die toneel ontbied. Die motorfietsryer is tydens die impak van die motorfiets afgestamp en hy het ʼn heining langs die pad getref,” het sy gesê.

Paramedici het vir nagenoeg 45 minute tevergeefs gepoog om sy lewe te red en is hy op die toneel dood verklaar.

Die presiese oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie en word deur owerhede ondersoek.

Die taxi. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

LMF ·

Vat seker n kans nou om te sê as daar taxi betrokke is weet ons mos die oorsaak maar by gesê ons weet ook van motorfiets ryers so jammer oor afsterwe en baie sterkte aan die families

Wonder ·

Moet daar nie nou n saak geondersoek word . taxi . .. Moord

Paul ·

Moenie so gou afleidings maak nie. Motorfietse is ook nie engeltjies op die pad nie en verkeersreëls bestaan nie eintlik vir hulle nie, want hulle weet hul nommerplate is nie altyd behoorlik sigbaar nie.

Stoffel ·

ai.. nou weet ons almal aan watter kant van die draad sit jy

Stem Paul ·

Ek stem saam Paul. Mense moenie so vinnig besluit wir is skuldig nie…. wag vir die feite….

Neee Stoffel. Als is nie altyd wit en swart nie. Ons almal weet taxis is toekeloos. Maar ons almal weet ook dat motorfiets ryers dink hulle is untouchable….
Dis n baie groot hartseer. Maar jy kan nie net aanneem dit is die taxi nie.

Anti Taxi ·

So min soos ek van Taxi’s hou was dit ‘n wintie op ‘n motorfiets wat vanoggend regs by my verby gejaag het net toe ek wou regs draai by oranje verkeerslig. As ek hom nie betyds gesien het nie was ek die vark in die verhaal.

Leahim ·

Ek gaan ook die taxi skuld gee ,motorfietse oortree meestal die spoedgrens maar taxis steur hulle aan geen padreels nie.

Leeann mills ·

My kind is ook deur ‘n taxi doodgery van agter af, hy het stilgestaan om te draai toe ‘n dronk taxi drywer met ‘n helse spoed in die 60 sone aangejaag gekom het, hy moes uitswaai vir die taxi voor hom wat ook stil gestaan het en bo oor my kind gejaag. Hy was aangekla vir manslag en het net ‘n opgeskorte vonnisse gekry omdat die polisie nie hulle ondersoek reg gedoen het nie!!!!!!!! Lekker ne???

Lourenza ·

Wat het die nr plaat met ongeluk te doe. Taxi seker weer verkeerslig verontagsaam.

stella ·

Waarom moet party mense altyd oorhaastige negatiewe dinge sé oor gebeure soos die. Moenie afleidings maak as jul nie self ñ ooggetuie was nie. Dit kon enigeen se skuld gewees het. Wag en hoor wat die oorsaak is/was wanneer ongelukke gebeur voordat daar enige beskuldigings gemaak word. Onthou ñ oorledene of beseerde se familie lees ook Maroela en dit wat gesê word maak seer. Dink asb hieroor na.

Hendrik ·

Ja ons ry vinnig maar ons almal stop by n stop straat en rooi lig. Raai wat daars n robot by die ongeluks toneel, maak die somme. RIP broer en sterkte aan die gesin.

Lynn ·

So jammer Leeann vir jou verlies.. weereens kom hulle weg met moord.. laat dit nou net andersom gewees het..

anton ·

Wel, nie alle motorfiets ryers, ry onverskillige soos baie wil beweer nie!!!
Maar alle taxi’s verontagsaam die padreels!!!
Moet asb. nie motorfietse met taxi’s vergelyk nie!!!
En baie motor bestuurders jaag ook op die paaie en verontagsaam stopstrate en verkeersligte. Sien dit daagliks.

madels ·

Gisteraand oppad na n vriendin het n taxi wat agter oor die rooi robot gery. Die lig was rooi vir ten minste al 2 sekondes, die taxi bestuurder het net eenvoudig besluit dat hy nie gaan stop nie. Ek en my man was so geskok, die lig was totaal groen vir die ander kant, genadiglik kon mense die taxi sien en het nie begin ry nie. Ek wil vir my n kar kamera insit in my voertuig sodat sulke skurke op video is.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek het simpatie met motorfietsryers want al vleg hul deur die verkeer (Meeste om gouer by die werk te kom) maar nog nooit het een van hul my motor beskadig of selfs oor ‘n rooi lig gery nie. Maar motorbestuurders en AG VADER, die taxi’s!!!! gee nie ‘n flenter om nie.
Die motorfietsryers is totaal blootgestel aan gevaarlike motorbestuurders want hy is nie in die binnekant van ‘n motor om hom te beskerm nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.