Motorfietsryer sterf in botsing

Paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn Motorfietsryer, vermoedelik in sy 30’s, is Sondagaand in ʼn botsing in Durban dood.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care Paramedics, het gesê die botsing het omstreeks 20:30 in Abreyweg in Sherwood plaasgevind.

“Die motorfiets en ʼn voertuig het gebots. Toe paramedici by die toneel opdaag, het hulle die motorfietsryer in ʼn kritieke toestand aangetref. Omstanders was besig om noodhulp op hom toe te pas en paramedici het by hulle oorgeneem,” het Jamieson gesê.

Paramedici het nagenoeg 30 minute lank gepoog om die man se lewe te red voor hy aan ernstige beserings op die toneel beswyk het.

Die bestuurder van die voertuig het geringe beserings opgedoen en is met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word deur owerhede ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

belinda ·

gert:
dit is waar wat jy se, so paar jaar terug is my broer in pretoria dood gery op sy moterfiets, hy teen die beton, moterfiets teen paal en helmet in middel vd straat, en wat sal die polisie se, selfmoor i rest my case, tot vandag is die persoon/e nog nie vasgetrek nie, maar nog net “n moterfiets ryer.

Afrikaanse Knaap ·

Ek het al met my motorfiets deur Durban gery, en dit het my bang gemaak. Daai Durban manne met hulle op geboude karre en groot uitlaat stelsels en getinte vensters ry soos hulle agterstewe.

Aj Smit ·

Ek is n motorfiets ryer en ry daagliks. Ons is goed bewus van die gevare. Die oorweldigende meerderheid van motoriste is total oningelig oor hoe om n pad te deel met motorfiets ryers, of ten alle minste hoe om “bedagsaam” aan ons te wees. Onthou asb ons is ook mans, pa’s, broers, oupa’s, vriende….

Asjas ·

Ek ry elke dag Solomon Mahlangu Rylaan in Pretoria. Dis is skokkend om te sien hoe van die motorfietsryers bestuur en deur die motors slinger en dit sluit leerlinge van Waterkloof Hoërskool in. Ja, daar is ryers wat wel versigtig en bedagsaam ry. Dit is nie altyd die motorbestuurder se skuld as ‘n motorfietsryer raak gery word nie. Die manne op die motorfietse vat somtyds kanse en ek het al ‘n paar keer asem opgehou as ek sien hoe hulle tussen die bane deurjaag.

Bok Bok ·

Die ergste is dan los hulle die handvassel om vir motoriste fingertaal te probeer leer.
Mens kan nie in verkeer ‘n ander bestuurder fingertaal leer nie. Maak blykbaar net gevoelens wakker.

marianna ·

As ek motorfietse agter my sien op die pad dan verskuif ek na die linkerkant toe sodat hulle kan verbykom. Niks val van my af om dit te doen nie en gewoonlik is hulle baie beleefd om dankie te sê met ‘n handgroet.

anton ·

Jou soort is maar baie min marianna……….
Wens daar was baie meer sulke gawe mense op ons paaie maar ons gun mekaar mos niks.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.