Motorfietsryer sterf in botsing

Foto: Netcare 911

ʼn Motorfietsryer is Saterdagoggend in ʼn botsing op die R560 tussen Hekpoort in Gauteng en Skeerpoort in Noordwes dood.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 09:19 na die toneel ontbied.

“Die motorfietsryer was in ʼn botsing met ʼn ligte afleweringsvoertuig betrokke. Die motorfietsryer het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.”

Die presiese omstandighede rakende die voorval word ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Bloudrom ·

Hoekom raak n bakkie n ligte afleweringvoertuig in die nuus?

IK ·

Omdat ‘n ligte afleweringsvoertuig nie ‘n insleepvoertuig is.

Abe ·

DV,
Dis nie n verskoning nie, dis n realiteit. Jy verloor beheer dan volg n ongeluk.

Daan ·

Onthou net dit gan alrwee kante toe. As moterfietse wil he ek moet aan hulle dink fan moet hulle asook aan my dink

Sean ·

Sodra jy n motorfiets se nommerplaat afhaal geld geen padreel vir jou nie veral as njy n Go-pro op jou helmet het Motoriste moet dan uit jou pad uit bly

juba ·

Sean, ja ek kan duidelik sien sy nommer plaat is afgehaal, en Daan, elke keer as ek op my motorfiets klim moet ek tenminste twee keer vir motoriste dink want hulle dink nie verder as die voorruit nie

Daan ·

Juba jy verstaan nie. N motoris dink K53. Soos wat almal geleer word as hul gaan vir hul lesensies. Meeste motorfiets ryers dink 230km/h. Glo my dit is onmoontlik om jou te sien as jy van agter af gejaag kom teen daai spoed. Ry ordentlik dan sal motoriste jou kan raak sien. En ek wil nie misleidend wees nie, ek ry self motorfiets en ek jaag ook baie. Dis hoekom ek se dit gan altwee kante toe want as ek jaag dink ek nie aan motoriste nie. Dis waarom ek my fiets gan verkoop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.