Motorfietsryer sterf in botsing met bakkie

motorfietsʼn Man is dood en vier mense beseer nadat ʼn bakkie en ʼn motorfiets Saterdag omstreeks 06:00 in KwaZulu-Natal gebots het.

Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die botsing op die R102-pad tussen Umhlali en Shaka’s Kraal plaasgevind.

“Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek. Daar was twee mense op die motorfiets en drie mense in die bakkie,” het Botha gesê.

Toe paramedici by die toneel aankom, het hulle die wrak van die bakkie op sy dak in die pad aangetref. Die motorfiets se wrak was sowat 100 meter ver van die bakkie af.

“Een van die mense wat op die motorfiets was, was reeds dood, en die ander persoon het kritieke beserings opgedoen. Die drie mense wat in die bakkie was, het ernstige beserings opgedoen.”

Die motorfietsryer is na die Nkosi Albert Luthuli-hospitaal gehaas vir gevorderde mediese behandeling. Die res van die beseerdes is na verskeie hospitale in die gebied geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kobus ·

Motorfietsryers moet begin besef dat die pad nie net aan hulle behoort nie. Met daardie houding gaan baie die ewigheid in sweef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.