Motorfietsryer sterf in botsing met stootskraper

Paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn 38-jarige man is Woensdagmiddag in Meyerton in Gauteng dood toe hy in ʼn botsing met konstruksievoertuig betrokke was.

“By paramedici se aankoms op die toneel is die motorfiets se wrak en die stootskraper in die middel van Morrisstraat aangetref,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Die motorfietsryer het ʼn kort afstand van die voertuie af gelê.”

Paramedici het die man ondersoek. Hy het veelvuldige beserings opgedoen en was in ʼn kritieke toestand. Hy is op die toneel behandel en na die Sebokeng-hospitaal geneem vir mediese behandeling.

“Die man het egter later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.”

Die bestuurder van die stootskraper is ongedeerd.

Die oorsaak van die botsing is nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Theresa ·

Stootskraper versus motorfiets. Geen kans vir ‘n mens nie. Innige simpatie aan die naasbestaandes.

Stootskraper onwettig op pad ·

Sover ek weet is dit onwettig vir stoorskrapers om op paaie te ry? Dit sien ek gereeld in pretoria.

Theresa ·

Ja, en dit hop-hop behoorlik so vinnig word dit gery. Het hierdie spesifieke stootskraper ‘n permit gehad om op daardie pad te wees?

Cherokee ·

Die bestuurder van die stootskraper is ongedeerd, sê julle. Geen verbasing daaraan verbonde nie.

Johan van Veenendaal ·

Eish mense, elke stuk geel metaal is nié ‘n “stootskraper”, soos die drie (?) voorvalle in die afgelope dae wil voorgee nie, waar nie één in werklikheid ‘n “stootskraper” was nie! In hierdie geval was dit einlik ‘n “laaigraaf” (Engels “front-end loader (FEL)” of “wheel loader”): ‘n ding op wiele met ‘n laaibak aan die voorkant. Nou die dag was dit eintlik ‘n trekskop-laaier (Engels “Tractor Loader Back-hoe (TLB)”, dikwels ook genoem JCB agter die eerste vervaardiger aan): ook ‘n ding op wiele, met ‘n laaibak aan die voorkant, maar dan ook ‘n trekskop aan die agterkant. ‘n Stootskraper (Engels “bulldozer”) loop gewoonlik op rusperbande (soos ‘n oorlogtenk), met ‘n stootlem aan die voorkant en skeurtande agter. Om nie te vergeet van die padskraper (Engels “road grader”) nie: gewoonlik op ses wiele, twee dóér vóór en vier agter onder nie enjin, met skeurtande héél agter; die lem hang hier onder sy pens in die middel rond, waar die operateur presies kan sien wat hy doen vanuit sy kajuit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.