ʼn Motorfietsryer, in sy 40’s, is Sondag in die vroeë oggendure in ʼn botsing met ʼn vragmotor dood.
Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het omstreeks 01:30 in Houtkopweg naby Voortrekkerstraat in Vereeniging, Gauteng, plaasgevind.
“By ons aankoms op die toneel was paramedici van die provinsiale nooddienste reeds op die toneel. Die motorfietsryer het noodlottige beserings tydens die botsing opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” het sy gesê.
Die omstandighede rakende die botsing is onbekend en word deur owerhede ondersoek.
Rus in Vrede – LH&R
My empati met die familie & viende.
Is die ‘n ware ongeluk óf ‘n selfmood van die fietsryer?
Werklik Bok…..
Alle medelye en simpatisering met die familie, vriende en kollegas vir jul groot verlies en alle sterkte word jul toegewens en ook gedurende jul routyd. Gebede gaan uit vir jul.
R.I.P Deon…..gaan jou mis…..rus sag….
Bok…as jou kommentaar nie daadwerklik sinvol kan wees….bly liewers maar stil…of is dit n geval van..om ook jou naam erns op hierdie platform tussen die kommentare op te merk…terloops dis n motorfiets en nie n fiets….nogal n groot verskil…my nederige mening….
almal is geregtig op n eie opinie. as julle hier kan simpariseer, pleks van op fam ae deur gaan klop, hoekom kan iemand anders nie kritiek lewer nie? pik by!
Sterkte aan almal wat hom geken het.
Dit is verskriklik! RIV en innige simpatie met die familie van hierdie man.
@MM – Die dorpsnaam word Vereeniging gespel, nie Vereniging nie :)
Dagsê Leon
Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Tania nms Maroela Media
Die dorp se naam is Vereeniging.
Dagsê Cassie Louw
Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Tania nms Maroela Media