Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die ongeluk het Sondagaand in South Coast-weg naby Merebank-stasie plaasgevind.
Volgens Jamieson was die motorfietsryer in ʼn kritieke toestand met paramedici se aankoms op die toneel. “Paramedici het hom probeer stabiliseer maar hy het op die toneel aan sy beserings beswyk.”
Die bestuurder van die vragmotor is nie beseer nie. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.