Motorfietsryer sterf in botsing met trok

Die ongelukstoneel. Foto: Rescue Care

Die ongelukstoneel. Foto: Rescue Care

ʼn 38-jarige man is dood nadat hy met sy motorfiets teen ʼn vragmotor gebots het in Durban, KwaZulu-Natal.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die ongeluk het Sondagaand in South Coast-weg naby Merebank-stasie plaasgevind.

Volgens Jamieson was die motorfietsryer in ʼn kritieke toestand met paramedici se aankoms op die toneel. “Paramedici het hom probeer stabiliseer maar hy het op die toneel aan sy beserings beswyk.”

Die bestuurder van die vragmotor is nie beseer nie. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.