Motorfietsryer sterf in Fordsburg-ongeluk

Foto: ER24

ʼn Man, vermoedelik in sy 20’s, is Vrydagoggend dood in ʼn ongeluk in Fordsburg, Johannesburg.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk, tussen ʼn bakkie en ʼn motorfiets, het in Queensweg plaasgevind.

“Paramedici het by die toneel opgedaag waar die motorfietsryer agterin die bakkie gelê het,” het hy gesê. Die motorfietsryer het vermoedelik die bakkie van agter getref.

“Die man het verskeie beserings opgedoen en nie enige teken van lewe getoon nie. Paramedici het dadelik met KPR begin, maar die man is uiteindelik dood verklaar.”

Owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Nooi ·

Die bakkie het gebriek toe bestuurder sien daar is ‘n motorfietsryer agter bakkie ???

IK ·

Ek het op ‘n ongeluk afgekom waar ‘n motorfietsryer ‘n Cortina bakkie van agter só hard gestamp het dat die betonmenger agter op die bakkie in die straat gelê het. Hy het m.a.w. die bakkie skoon onder die menger uitgery!!

Elanie ·

Motorfiets alreeds my oudste seun se lewe geneem, en my 2de jongste seun amper en lewe met genade van Bo. Ek haat n motorfiets, hulle word sterkte en groter. Sterkte aan sy familie ?

anton ·

Ek moet sê dat n motorfiets met respek hanteer en gery behoort te word.
Dan is jou kanse baie minder om n ongeluk te maak, maar ongelukkig is daar baie manne wat jaag soos mal goed.
Selfde met motors ook.
Ek self ry al meer as 35 jaar motorfiets en danksy Genade en my kant bring en oordentlik ry, het ek nog nie n ongeluk gehad nie.(Het my ma n belofte gemaak toe ek my 1ste motorfiets kry)
Swak motor bestuurders is my grootste gevaar daagliks, en n bedreiging vir veilig wees op die pad.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ry motorfiets vandat ek 16 is. My kragtigste fiets doen 0-100km/h in onder 3 sekondes….en dis nie die probleem nie. Van 100km/h beweeg jy en fiets teen 27m/s. Dit neem jou brein en jou voet en jou fiets ongeveer 1,6sekondes om te begin reageer vandat jy ‘n probleem gewaar………m.a.w jy het alreeds 43meter beweeg voordat jy begin rem…en dan neem dit ‘n verdere afstand om tot stilstand te kom. Alle voertuig gebruikers behoort meer gereeld van sulke feite te hoor……Daar is ook hordes motorbestuurders wie se volg-afstande hopeloos te kort is!!

Zeezoa ·

Almal kla so oor taxis maar daar is MASSAS gewone mense in hulle gewone motors wat vreeslike slegte gewoontes het. Draai regs by pyltjie robots terwyl dit nog rooi is, verwissel bane heen en weer sonder om een keer ‘n flikkerlig te gebruik, skiet oor robot terwyl dit lankal rooi is – en al die goedjies wat ek noem het ek gister gesien. Sterke aan die oorledene se familie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.