Motorfietsryer sterf in gru-botsing op N1

Die ongelukstoneel. Foto: @itrafficgp op Twitter.

Die ongelukstoneel. Foto: @itrafficgp op Twitter.

Hewige verkeersvertragings kom op die N1-suid voor weens ‘n botsing tussen ‘n motorfiets en ‘n motor by die New Road-afrit.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê die motorfietsryer was reeds dood met paramedici se aankoms op die toneel.

“Volgens ooggetuies het die motorfiets bo-op die man geval en aan die brand geslaan na die botsing.”

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Intussen word verkeer op die N1-suid erg ontwrig. Volgens berigte staan verkeer tot by die John Vorster-afrit in Centurion stil.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

waldo ·

As mede motorfietsryer gaan my medelye uit na die persoon se gesin, vriende en familie. God het hom kom haal….

Marianne Pearce ·

Innige simpatie aan ons mede ryer se familie en vriende met sy tragiese heengaan. Rus in Vrede ons Maat

Janine ·

My hart was stukkend oor die ongeluk. Dit was vreeslik om daar verby te ry. Baie sterkte aan sy familie en vriende. Ek stuur vir julle baie lig en liefde. May he rest in peace. ❤️

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.