Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê die motorfietsryer was reeds dood met paramedici se aankoms op die toneel.
“Volgens ooggetuies het die motorfiets bo-op die man geval en aan die brand geslaan na die botsing.”
Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Intussen word verkeer op die N1-suid erg ontwrig. Volgens berigte staan verkeer tot by die John Vorster-afrit in Centurion stil.
As mede motorfietsryer gaan my medelye uit na die persoon se gesin, vriende en familie. God het hom kom haal….
Sterkte aan die familie!
Innige simpatie aan ons mede ryer se familie en vriende met sy tragiese heengaan. Rus in Vrede ons Maat
My hart was stukkend oor die ongeluk. Dit was vreeslik om daar verby te ry. Baie sterkte aan sy familie en vriende. Ek stuur vir julle baie lig en liefde. May he rest in peace. ❤️