Motorfietsryer sterf in gru-botsing

Foto: @metro_brian/Twitter

Foto: @metro_brian/Twitter

‘n 19-jarige man is dood toe hy met sy motorfiets onder ʼn bus beland het in Centurion.

Volgens Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare911, het die man op die hoek van Hendrik Verwoerdrylaan en Jakarandastraat in Hennopspark teen die bus gebots. Die man en die motorfiets het onder die bus beland.

Mathe het gesê die man is met paramedici se aankoms op die toneel dood verklaar weens die ernstige beserings wat hy opgedoen het.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Berhalet Beukes ·

My diepste medelye met familie en vriende. Ek sien aan die bus se kleure dis een van “daai” busse om wie selfs ek as motor bestuurder wye draaie ry! Hulle is lief om ‘n swaar verkeersareas te jaag, bane te wissel sonder flikkerligte of sommer net te wissel as is jy basies langs hulle! As almal net padreëls wou nakom en meer bedagsaam kon wees. Dalk is dit nie in hierdie geval die storie nie maar ek persoonlik verag daardie busdiens se busse.

Tascha ·

Ek het net so ‘n broertjie dood aan die spesifieke busdiens! 4 Desember 2014 het een van die busse in Meyerspark sommer net dood gestop geen van die ligte het gewerk het, my man bestuur sy eie insleepdiens en met ‘n voertuig gelaai stoot die vraag sy insleep voertuig vorentoe wanneer hy skielik moet stop, nou ja daar was eenvoudig nie tyd nie en my man beland toe ook onder die bus… Dis nou meer as ‘n jaar later en ten spyte van die feit dat hulle skuld beken het, het hulle ons steeds nie ‘n sent betaal vir die skade aan ons voertuig nie.

Berhalet Beukes ·

Tascha, ek is baie jammer om dit te hoor. My innige meegevoel.

Schalk ·

Ek sal graag wil sien wat die uitslae van die ondersoek gaan wees. Deur net na die kleur van die bus te kyk, kan ek amper se dat dit weer n geval was van n hooligan agter die bus se stuurwiel. Ek is elke dag op die pad, en as ek een van daai gevaartes sien, maak ek padskoon.

Wat-ek-lees ·

Innige meegevoel met die betrokkenes.
Bekyk die band van die bus op die foto?
Die ongeluk neem my terug baie jare gelede toe ek ooggetuie was en agter so ‘n bus gery het wat ‘n standerd 9-leerling van agter doodgery het. Die as van die bus voor is 30 cm van die grond.

Wat-ek-lees ·

Die leerling was op ‘n motorfiets en wou regs draai en het gewag vir ‘n aankomende voertuig toe die bus hom tref.

Charmaine ·

Hy is ni 30 ni hy is 19 en dis familie v ons. Die bus het weer gedraai wanneer hy ni moes soos hul mos maak!!! Ons harte is baie seer!

anne ·

Jammer oor julle groot verlies, maar lees net weer wat , Wat-ek-lees geskryf het

Berhalet Beukes ·

AI Charmaine, ek is baie jammer om te hoor! Sterkte aan julle almal!

anne ·

Innige meegevoel aan julle en sterkte, jammer ek het mis gelees, verwarring oor oor die ouderdom.

GES ·

Ongelukke gebeur maar in hierdie geval is daar baie meer vrae as antwoorde. Ek hoop en vertrou geregtigheid sal geskied. My innige simpatie aan die familie en vriende. Dit gaan nie maklik wees nie. Sterkte!

Louis ·

My innige simpatie Madelein. Baie sterkte vir almal van julle in hierdie moeilike tyd.

Nico Strydom ·

Dagsê Madelein
Eerstens baie jammer vir julle verlies en dan ook vir die oorsig in die berig. Die ouderdom is so deur die nooddienste deurgegee. Ons stel dit graag reg. Nogmaals jammer.
Vriendelike groete
Nico Strydom nsm Maroela Media

Gesie ·

Madelein, ek ken julle nie eers nie, maar hy hart is so seer vir die verskriklike verlies wat julle gely het en altyd sal ly. Mag God julle optel en dra in Sy liefdevolle Arms en julle berusting gee.

Ig ·

Madelein, sterkte vir julle almal. Pieter gaan gemis word by die werk. Dit was ‘n skok vir my gewees om by die werk te kom en die nuus te kry.

J ·

Ek hoop van harte hulle sal n deeglike ondersoek doen. Al wat die drywer seker weer gaan se is dat die ‘ brieke gefail ‘het soos in meeste van die soort gevalle. Hulle moet dat die drywers verantwoordelikheid vat vir hulle dade. Hulle onbevoegtheid kos ander hul lewens. Sterkte aan die betrokke familie

thelsa ·

Ek het werklik simpatie met enigiemand wat in ‘n ongeluk betrokke is.
Die ander kant an die munstuk is soos volg : ek ry elke dag die N1 van Centurion na Jhb en terug. Ek word ELKE dag blootgestel aan die arrogansie van motorfietsryers wat tussen die bane verkeer deur JAAG. Dis ANGSWEKKEND. Jy kan hulle nie eers verkla of aanmeld nie want 99% van hulle beskik oor GEEN nommerplaat op die motorfiets nie. Daar’s ‘n plakkertjie wat lees : THINK BIKE. Ek reken dit is verkeerd. Dit moet lees : BIKE THINK”

tamboti ·

thelsa, dit is nie die geval hier nie, ‘n mens kan die nommerplaat duidelik sien op die foto.
En meer as die gedrag van ander motorfiets ryers en fiets ryers, weet ons almal die grootste gevaar is die busse en taxis op die pad.

Liezl ·

Ek was gisteraand op die toneel en moes help om die motorfiets te verwyder. As die polisie net wil ingryp en iets begin doen aan die busse en taxi wat ry soos hul wil. Hul kom GEEN pad reels na nie!!! Daar word niks aan hulle gedoen nie!!!! Dit is so hartseer om so oulike en oordendlik “seun ” te verloor het. Hy sal altyd in by vriend, kollegaes en kennise se gedagtes wees. Baie sterkte aan die Lamb familie.

tamboti ·

Dankie Liezl dat jy geskryf het, nou kan valse beskuldigings staak.

Liezl ·

Hi Tamboti, niemand gee valse beskuldigings nie, dis ongelukkig feite ons wat in Centurion bly beleef dit elke dag in spits verkeer. Almal is geregtig op hul eie opinie.
Lekker dag aan almal. Drive save and be alert.

DPJ ·

Msdelein Lamb, Charlemein ons innige mepatie met die heengaan van broer en familielid. Kyk na God drie enig glo en vertrou hy het net voor ons uitgegaan.
Aan die familie moet asseblief nie ‘n frok koetster teen enig een nie. Jy gee die persoon gratis huisvesting in jou kop wat tot ernstige siekte kan lei. Hou goeie moed julle is in ons bede.

Lesers moet asseblief nie die familie in hul verlies verder troumatiseer met julle veralgemenings nie. Ons as Chritenne glo en vertrou God sal gereg laat geskied.

Ken ·

DPJ – as ‘n mede-Christen net die volgende. Ek glo die Here het vir ons gesonde verstande gegee om juis te kan en mag optree wanneer dinge verkeerd gaan. So ja, berusting moet gevind word in God, maar, wanneer dinge uit beheer is soos in die land moet mens optree. Om te se vergeet van wat gebeur het itv hierdie tragedie sal nie reg wees nie. Mens moet juis presies uitvind wat gebeur het, optree indien die busdrywer reels verontagsaam het en dan seker maak mens keer dat so ‘n tragedie nie weer afspeel nie. Mens kan nooit net dinge los en bloot se God sal reg laat geskied nie. As mense het ons ook ‘n verantwoordelikheid om op te tree as reels verbreek word.

Theresa ·

Dit sal fantasties wees as busse en taxis van die paf afgeskors kan word.
Taxis ry al vir 20 jaar soos mal mense op paaie waarvoor ons ook betaal.
Busse volg deesdae die taxis se styl na – ignoreer als, steek verby wanneer dit onmoontlik is en druk mens sommer eenkant toe.
Daar moet ‘n stemdag uitgeroep word en kom ons kyk hoeveel mense wel nog met die mense wat tans die stuurwiel vashou (want dis NIE bestuur NIE) sal saamry.

Nuwe aanstellings word gemaak met werklike Publieke veiligheid in gedagte.
As jy goed genoeg is en uitblink in veilige bestuur, mag jy oorweeg word anders glad nie.
So eenvoudig soos dit.
As publieke vervoer bestuurmens, mag jy 1 fout maak – daarna is jy afgedank. Dit staan sommer so in jou kontrak, sodat jy nie moeite doen om rond te spring en goed te breek nie.

Danie Rossouw ·

My innige meegevoel aan Pieter Lamb se familie & vriende. So ‘n mooi jong man met ‘n skoon & voorbeeldige lewens styl so onnodig weggeneem van sy geliefdes. My & my gesin se harte gaan uit na julle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.