Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê paramedici het kort na 6:00 op die toneel in Marineweg aangekom waar ʼn motorfiets en ʼn BMW gebots het.
Vermaak sê die motorfietsryer het verskeie amputasies in die botsing opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Hy sê die bestuurder van die BMW is nie ernstig beseer nie.
Die presiese oorsaak van die botsing word deur die polisie ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Dis nie in mitchels plain die ongeluk nie maar in table view of milnerton
6:00 in die oggend het hy seker die ewigheid in geslinger. Bacchus het hom seker vergesel en net voor die poorte gelos.
Ek lees nou-net die berig elders op die nuusblad oor die motorfietsryer in Gauteng wat teen 271 km/h vasgetrek is. Spoed bly een van die groot oorsake van ernstige ongelukke. En motorfietsryers moet maar onthou, al is dit die ander ou wat die fout maak, jy is die een wat die slegste daarvan afkom.