Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê paramedici het kort na 6:00 op die toneel in Marineweg aangekom waar ʼn motorfiets en ʼn BMW gebots het.
Vermaak sê die motorfietsryer het verskeie amputasies in die botsing opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Hy sê die bestuurder van die BMW is nie ernstig beseer nie.
Die presiese oorsaak van die botsing word deur die polisie ondersoek.
Dis nie in mitchels plain die ongeluk nie maar in table view of milnerton
6:00 in die oggend het hy seker die ewigheid in geslinger. Bacchus het hom seker vergesel en net voor die poorte gelos.
Was op pad na n familie noodgeval Minerton Medi-Kliniek. ( Stultorum cavendum opiniones….maan die Romeine. Tsk tsk. )
Nagelaat … sterkte aan die familie.
Sal maar sukkel. Juis sy enigste oorlewende broer wat later afgesterf het. Epos maar “poorte-toe”. Die hoop beskaam nie.
Sies!
Ek lees nou-net die berig elders op die nuusblad oor die motorfietsryer in Gauteng wat teen 271 km/h vasgetrek is. Spoed bly een van die groot oorsake van ernstige ongelukke. En motorfietsryers moet maar onthou, al is dit die ander ou wat die fout maak, jy is die een wat die slegste daarvan afkom.