Motorfietsryer sterf in N12-ongeluk

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Motorfietsryer is Saterdag in ʼn ongeluk op die N12 in Boksburg, Ekurhuleni oorlede.

“Die motorfietsryer het aan sy beserings beswyk,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, gesê. Dit is nog nie duidelik wat tot die ongeluk gelei het nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Joey ·

Derde naweek in ‘n ry dat ek op Maroela lees dat motorfietsongeluk sy slagoffer eis. My hart gaan uit na die families en geliefdes van die oorledenes.

se net ·

Ek is laas saterdag om 18:00 in n ongeluk n blanke besope man het my bo van my fiets afgery en nog boonop weggejaag gelukkig net beserings gehad maar dis weereens n motorfiets

Justi ·

Ai Kosie, is sarkasme werklik nodig?

Bestuurders gee nie werklik om vir motorfiets ryers nie, ek sien dit daagliks op die pad.

Sommige motorfietsryers is ook erg onverskillig.

Sterkte aan die famiilie en vriende van die oorledene.

Sune van Heerden ·

Dagsê Justi,

Ja ons het Kosie se kommentaar verwyder, dit was onbehoorlik.

Groetnis
Maroela Media

Lientjie ·

Ek is verbaas om nie die ongeluk, wat weereens n matriek kind se lewe geeeis het in Montana, Pretoria ,wat dood is in ongeluk op sy motorfiets wat met bakkie gebots het,,hier op julle nuusblad vandag te sien nie???

Elizabeth ·

Ongelukkig is daar, soos met alles, twee kante: die motoriste en die motorfietsryers (net soos met fietsryers en motoriste!). As ALMAL net te alle tyd wil bedagsaam wees sal daar baie minder ongelukke/sterftes wees. ELKE naweek, SONDER uitsondering sien ons motorfietsryers wat soos mal mense jaag en onverdraagsaam ry en let wel, nie EEN van hulle het nommerplate aan nie. Hulle jaag verby verkeersmanne en spoedlokvalle en nie ‘n wenkbrou word gelig nie, want almal weet al, jy kry hul nie gevang nie en natuurlik, soos ek sê het hul nie nommerplate aan sodat mens hulle kan aanmeld nie. Middelvingers word links en regs gegooi… ai mense. Ongelukkig het diesulkes nou veroorsaak dat motoriste hulle verpes. Natuurlik is daar die ouens wat vinnig maar versigtig ry en net op ‘n lekker uitstappie met hul motorfietse is en hulle het wel ook nommerplate aan. Hulle is gewoonlik tegemoetkomend en vriendelik, wuif ‘n dankie as mens (KAN!) spasie gee. Maar die ander klomp … mens kan net jou kop skud en wonder wanneer gaan daar oor hulle ‘n berig soos hierdie geskryf word. Waarom kan mense nie net NICE wees nie, is dit nou so moeilik? En hoekom moeilikheid soek en dan papbroekig wegjaag – dis hoekom hul nie nommerplate dra nie, sulkes is papbroeke, niks anders. En so word baie mense se lewens in gevaar gestel…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.