Motorfietsryer sterf in Pretoria-ongeluk

Foto: ER24

ʼn Motorfietsryer is Saterdagoggend dood tydens ʼn ongeluk in Moreletapark, oos van Pretoria.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 11:30 na die toneel in Wekkerstraat ontbied. “Die man het veelvoudige beserings opgedoen en was in ʼn kritieke toestand. Terwyl paramedici hom wou stabiliseer, het sy toestand egter verswak en hy het aan sy beserings beswyk. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Vermaak het gesê die motorfietsryer het vermoedelik ʼn motor getref wat in Wekkerstraat wou indraai. Die insittendes in die motor is ondersoek, maar hulle het nie enige beserings opgedoen nie.

Plaaslike owerhede was op die toneel en stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Yolande ·

My innige simpatie aan die oorledene se familie asook aan die mense in die motor. Dis baie baie hartseer.

Cherokee ·

Shucks… hoop dit is nie ‘n geval van ‘n kar wat voor ‘n bike ingedraai het nie.

Koos ·

Wat as die “bike” nog nie binne sig was nie en die kar het reeds begin draai… wie se skuld is dit as die motorfiets in die kar vasjaag? O ja… dis nooit die motorfietsryer se fout nie.

Schalk ·

Hoekom nie Koos? Ek is n biker en sien dit elke dag, motoriste vat kanse of is dood eenvoudig blind.

Koos ·

Ander Koos, Schalk is reg. Dis alles motorkarbestuurders se skuld. Ons jaag mos met ons motors teen 180 km/u in woonbuurte, sonder nommerplate, sonder kwellings oor wie ons geraas pla, soms op ons karre se agterwiele net om te wys hoe gering ons padwette ag. Ja, en soms glip ons agter motorfietse deur tolhekke. Want ons kan en ons wil en sal nie gevang word nie. Totdat die botsing kom. Dan is almal gelyk, en verlaat beide motoriste en “bikers” die toneel op 4 wiele…

Anoniem ·

Ek is ook n biker maar die verskil is ek hou by my spoed en is jammer om te se maar ry bietjie sondae harties toe dan sien jy hoe kom van die bikers by jou verby teen n helse spoed en tussen jou en die barriers op die pad. Daar is bikers wat ry vir hul plesier en dan is daar bikers wat ry om dood te gaan. Ek bly in Kempton gaan kyk hoe drink hulle daar by n kroeg langs die P91 en hoe ry hulle as hulle daar wegry. Dan gee hulle die kar die skuld.

Miskien? ·

Miskien (dalk) het die motor voor hom ingedraai. Waarom? Vanoggend is ‘n motorfiets in ons klein dorpie met ‘n helse spoed voor my huis verby. Die meeste van die kruisstrate (ook in my omgewing) het geen stop- of toegeetekens. Soverre ek weet is die ongeluk ‘n 50/50 skuld. Wees maar eerder versigtig want jy kan maklik op ‘n motorfiets insmelt met die agtergrond. Ook hou motors nie graag stil by stopstrate. https://mobserver.co.za/78829/video-shows-motorcycle-crash-not-sensitive-viewers/

Schalk ·

Ander Koos. Ek is n biker, die waarvan jy praat is Motorfiets eienaars. Mooi gestel, Hooligans, en vir hulle kom ek glad nie op nie.

Oom Kalahari ·

Innige simpatie aan die motorfiets ryer se familie en vriende asook sterkte aan die voertuig insittendes, want ook vir hul is dit ‘n traumatiese gebeurtenis. Vele kruispunte in voorstedelike gebiede se stop en toegee tekens en borde is al baie deur elemente verwyder of deur vandalisme beskadig. Daardeur eis dit ook lewens verliese of kan ernstige ongelukke meebring.

Spike ·

Wow Koos. Hier is n persoon dood. Dalk moet jy net eerder stilbly as jy niks het om te sê nie. Julle haat vir mororfietsryers strek vêr. Sterkte aan die familie, julle is in ons gebede.

Netso ·

My simpatie aan die familie! Ek het ñ winkel in Wekker straat gehad. Daar is net 2 mini-sirkels in ñ 2km reguit pad! Alle motoriste ry soos hulle wil behalwe in spitsverkeer! As ek na die wrak van die fiets kyk…..! Dis regtig ñ baie hartseer storie

anton ·

Kom ek wees eerlik. Ry self motorfiets.
Daar is mense op motorfietse wat nooit n lisensies moes kry nie. Hulle jaag soos mal goed op die paaie.
Dan is daar die wat normaal ry en besef en weet dat jy altyd 2 de gaan kom in n botsing.
Maar regtig ek sien daagliks hoe motors nie omgee vir motorfietse nie. Hulle draai voor jou in want hulle weet jy gaan 2de kom, nie hulle nie.
In die 80’s was dit baie veiliger vir motorfietse op ons paaie as vandag.
Ek stres maar elke keer as ek op my motorfiets ry want motors voel meestal niks vir ons nie.

Ian Smith ·

Wat is die definisie van ‘ motorfiets?
Dis ‘n ongeluk op wiele wat ‘n plek soek om te gebeur.

Lolla ·

Soms is dit n vorm van vervoer wat die enigste vorm van bekostigbaarheid is Ian. Motoriste oor die algemeen kyk uit vir motors en nie vir fietse nie. So as n motorfiets dan aankom, sien jy hom amper te laat of te laat en is baie keer verskuil in jou blinde kol. Ek het al inniglik omverskoning vir n motorfiets ryer gevra omdat ek voor hom ingedraai het en vir motors gekyk het en nie vir motorfiets ryers nie. Ek glo hy moes in my blinde kol beweeg het. Gelukkig het die man ongelooflikke beheer vermoe gehad.

Anoniem ·

Ek is ook n biker maar die verskil is ek hou by my spoed en is jammer om te se maar ry bietjie sondae harties toe dan sien jy hoe kom van die bikers by jou verby teen n helse spoed en tussen jou en die barriers op die pad. Daar is bikers wat ry vir hul plesier en dan is daar bikers wat ry om dood te gaan. Ek bly in Kempton gaan kyk hoe drink hulle daar by n kroeg langs die P91 en hoe ry hulle as hulle daar wegry. Dan gee hulle die kar die skuld.

Lourens Maritz ·

Koos en ander Koos, as n motorfiets ryer wil ek net vir julle 2 brawe bekke sê, in Jesaja staan geskryf: wanneer die dwaas sy mond oopmaak, verklap hy homself. Sela.

Lani ·

Hierdie was ons nefie en hierdie is een van die menigte getuigskrifte van die leemte wat my nefie los. Ons familie het nog n baie spesiale persoon in ons kring verloor. your loss will truly change our lives forever and we will find ways to share and live your legacy and memories throughout our days, you were indeed one in a lifetime, I will always remember how you tip a car guard R100 instead of the average R5, how every single time you arrived in our home you came with flowers and if you forgot how when you walked in you rushed out again to first go an buy. We can both agree that you were at your happiest in your end with Dynele and we experienced your true love and happiness first hand, it warmed our hearts to see you so happy and furthermore to not to even start about the love you had for you Mom, Dad and Rouan Chel and your lovely Bella that you adored and Marius and Charné,, our deepest condolences go out to your family and no words can replace the feeling of your loss, It is never easy to be forced to accept that someone as amazing you were is gone from this world and the pain and suffering is indescribable,
I love you dearly and I will miss you always, R.I.P.

Lani ·

Wees sensitief met julle aanmerjings en opmerkings Koos. Die familie is in rou gedompel…. en maak julle uitlatings dit nog moeiler vir sy familie en d mense wat hom oneindig lief gehad het…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.