Motorfietsryer sterf in Pta-botsing

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Motorfietsryer is dood nadat hy in die ooste van Pretoria met sy motorfiets teen ʼn vragmotor gebots het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 14:30 op die hoek van Graham- en Silver Lakesweg plaasgevind.

Volgens Mathe was die motorfietsryer reeds dood met paramedici se aankoms op die toneel. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

My tweesent bydrae ·

Dit is deesdae gevaarlik om in die ooste van Pretoria te ry . Die paaie daar is nie voldoende vir swaar verkeer nie .

Chris Ws ·

Dis ‘n aflewerings motorfiets en hulle ry wild.Ek sit my geld op die vragmotor bestuurder se onskuld.

Tersia Britz ·

Die ongeluk het gebeur net voor die h/v Graham & Cole Strate – nie Silver Lakes weg nie. Dit lyk of die motorfiets ryer ‘n motor wou verbysteek en toe beland hy voor die trok in – ‘n mens kan sien die motorfiets is van vooraf getref en die remmerke van die trok staaf dit dat hy moes remme aanslaan om die ongeluk te vermy het, maar dit is ongelukkig toe nie so nie. Dis baie jammer dat iemand sy lewe so op die spel geplaas het deur om onverskullig te gery het. Jammer vir die verlies. Hier is gereëld ongelukke op die pad. Hier behoort meer robotte te wees op hierdie gevaarlik pad en pad reëls word nie hier toegepas nie. Trokke en motoriste jaag op die pad.

anton ·

Aflewerings motorfietse en Taxi’s jaag altyd asof die duiwel agter hulle aan is!!!

Oostekie ·

I drove passed a few minutes later to fetch my son from school… so horrific and tragic. Thoughts are with the loved ones.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.