Motorfietsryer sterf in PTA-botsing

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Motorfietsryer is Maandag in Claremont in die weste van Pretoria dood nadat hy ʼn motor getref het.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 18:00 by die besige kruising van Schurmannslaan en Bremerstraat plaasgevind. “Volgens inligting van die toneel het die motorfiets in die kant van die motor vasgery,” het Steinmann gesê.

Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.

Die bestuurder van die motor is ongedeerd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

dries ·

Dit gesien sal nog gebeur, as n inwoner van Claremont, woon in Louisestr tussen bremer en Tuine skool, kom kyk hoe ry mens n motorfiets vol spoed die straat af en dit is waar die volgende groot ongeluk gaan gebeur, dit is net ongelooflik hoe n mens met n lisensie so onverskillig kan wees.

Sanet ·

Van Maandag af is daai area se krag ook af vir loudshedding – wat meen al daai besige kruisings se robotte is af met geen metro personeel wat reguleer nie. My pad huistoe elke dag…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.