Motorfietsryer sterf in Rustenburg-botsing

Foto: ER24

ʼn 36-jarige man is dood nadat sy motorfiets Woensdagmiddag teen ʼn motor in Rustenburg, Noordwes, gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het in Bethlehemrylaan plaasgevind. “Paramedici het albei voertuie in die middel van die pad aangetref. Die motorfietsryer se liggaam het ongeveer 10 m verder gelê. Paramedici het die man dadelik ondersoek, maar hy het geen teken van lewe getoon nie. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Hy het gesê die vrou wat die motor bestuur het, het slegs geringe beserings opgedoen. Sy is na ʼn hospitaal geneem.

“Die oorsaak van hierdie ongeluk is nog nie bekend nie, maar die plaaslike owerhede was op die toneel en sal dit verder ondersoek,” het Meiring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Lizel ·

Dis baie jammer dat iemand hul lewe so moet verloor, maar daar sal iets gedoen moet word aan die manier hoe mense in Rustenburg ry dis erger as Johannesburg. Stop strate word heeltemal “geskiep” en roborts word as n stop straat gesien. Jy waag elke keer jou lewe as jy iewers heel wil ry!

Johan ·

Ek het simpatie met motorfietsryers bv gister s’n. Maar die fiets wat hierdie motor getref het het DUIDELIK so vinnig gery dat niemand ‘n kans gestaan het nie.

Theresa ·

Hartseer. Tragies. Motor dalk voor motorfiets ingery; motor dalk oor stopstraat of rooi robot beweeg; daar is min feite. Motoriste, oor die algemeen, respekteer nie voetgangers, fietsryers (wat mooi in ‘n ry ry nie), motorfietsryers nie. So jammer vir die familie van hierdie man.

Jh ·

Hierdie motorfietsryer het NIKS verkeerd gedoen nie, die dame het voor hom ingedraai!

Leoni ·

Was jy DUIDELIK daar en dit gesien gebeur? Dink voor jy iets ongevoelig sê asseblief?

Alice S ·

Ons strate en veral die kruisings is gevaarlike plekke. Meeste ongelukke is veroorsaak die IEMAND wat deur ‘n ROOI lig ‘vlieg!’ Ek sien dit daagliks. Mense jaag deur rooi verkeersligte LANK nadat die verander het! As die roekeloosheid nie gestop word nie sal onskuldige mense elke dag sterf!

Mariska ·

Ons besigheid is in daai straat en mense ry vreeslik in hierdie straat. Baie hartseer nuus. Dink aan die man se familie…

Johan ·

Al my mee gevoelens met die man se gesin ….ek self ry motorfiets en damn mens dis baie keer scary as jy sien hoe mense ry en oor n rooi lig vlieg …..geen respek vir mekaar nie …..ons het net so groot reg om op die pad te wees as n motor ……. die ouer bikers sal nog dankie se as jy spasie maak vir ons …dis net respek dis al…

Johann Marx ·

In Suid Afrika beteken Groen Lig “Ry”, Oranje Lig “Ry vinniger” en Rooi Lig “Net nog drie karre…voor die vierde een stop”.

Penelope ·

RIV . Baie jammer vir die familie van die oorledene. EK stem saam met Lizel. Die mense in Rustenburg ry nes hulle wil, want die wetstoepassing val deur die mat. Dis wel elke bestuurder se verantwoordelikheid om die wet te gehoorsaam, maar as van die verkeerspersoneel meer van ‘n voorbeeld was in Rustenburg, sal minder mense sterf.
Daar is onder elke boom ‘n voertuig met tussen 3-5 verkeerspersoneel. By Ziniaville se treinspoor is die verkeer chaos om die minste daarvan te se. Dit is elke dag se storie: Hulle sit 3 vrouend in ‘n voertuig, elkeen op hul selfoon en die manlike personeel sit agter op die bakkie se klap en chat oor wie weet wat. Intussen is die verkeer tussen 4-5 n hengse probleem. Die mense maak 3 bane waar daar net 1 baan is, ry voor mekaar in, jaag oor die sypadjies, maar steeds staan ons en gesels en steur ons nie aan ons pligte nie. Die meeste van hulle sit en bestuur met ‘n selfoon teen die oor en bitter min gebruik ‘n sitplekgordel. En as jy by stopstraat stop, druk die verkeersbeampte agter jou vir jou toeter, want hoe durf jy poer-poer voor hom. Almal is nie skuldig nie, maar die wetstoepassing in Rustenburg stink. Klomp suurstofdiewe wat ons hier het…..

Madeleine ·

RIP seuna. Ek het jou so goed geken. Sterkte aan sy familie wie ek ook goed ken. Mag jul vertroosting kry.

Retha ·

Rustenburg se verkeer n nagmerrie, stop jy by n stopstraat word daar vererg agter jou uitgejaag. Durf jy n toeter blaas vir een wat oor n stopstraat jaag, kan jy maar weet daar gaan vir jou n vinger in die lug gegooi word!

Max ·

My kinders met hulle baba trek Rustenburg toe. Die ander bly reeds daar. Mag die Here Sy beskermende hand oor hulle en alle onskuldige partye hou. Ons het 4 jaar daar gebly. My eerste indruk was die slegte en ongepoetste motoriste. Hoeveel mense het al hul lewens so verloor. Net oor jy nie geduldig is nie. Jy kom daar of nooit.

Leoni ·

Ons harte is seer om n nog geliefde aan die dood af te staan, nog meer hartseer , dis weer n motorfiets en net 5 jaar uitmekaar. Ons harte gaan uit na my Oom , Tannie , niggie en sy vrou en kind!! Glo die twee broers hou n party in die hemel. R.I.V Neefxxxxx

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.