Motorfietsryer sterf in Sasolburg-botsing

Die motorfiets se wrak by die motor. Foto: ER24

Die motorfiets se wrak by die motor. Foto: ER24

ʼn Motorfietsryer is Saterdagaand in ʼn botsing met ʼn motor buite Sasolburg in die Vrystaat dood.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het by die R59-kruising oor die N1-snelweg plaasgevind.

“Die omstandighede rondom die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek. Die motorfiets het die motor in die kruising aan die regterkant getref. Die motorfiets se wrak is langs die motor in die middel van die pad aangetref,” het Meiring gesê.

Meiring het gesê die motorfietryer se liggaam is ʼn paar meter van die motorfiets se wrak af gevind. “Die man het verskeie noodlottige beserings opgedoen en ongelukkig kon niks vir hom gedoen word nie. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Die insittendes van die motor is ongedeerd.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Varkie ·

Die bike seker nie raak gesien/gehoor nie… ai en as n bestuurder self van een weet ek as iets voor jou in ry is daar nie juis veel wat jy kan doen nie

Hendrik ·

wie het die reels verontagsaam. in hierdie stadium wil dit voorkom of niemand weet nie., dus kan geen vinger gewys word nie.

Scalla ·

Daar is 3 kante in n saak, dit kon enige party wees wat skuldig was, inligting vaag, regter agter deur laat egter vrae ontstaan , wag en sien voor oordeel gevel word

Ronel ·

Die kruising daar is aaklig. Die “barriers” belemmer soms die uitsig van die motoris. As mens net effens vorentoe ry, kan jy in die pad wees van aankomende verkeer. Ons ry gereeld tussen Sasolburg en Parys en sien dit gereeld by daai kruising.

Reti ·

Ek ry elke dag by die kruising. Net om daar te ry gee mens al hol kol op jou maag. Mense is veronderstel om TAGTIG 80 te ry daar maar tevergeefs. Groot trokke veral dink hulle moet 180 daar jaag. Nog baaaaaie mense gaan daar verongeluk. Dit was oujaarsdag. Iets gedrink. Motorfiets vinniger as 80. Almal se reaksies stadiger. Ons gaan seker nou nog kruis en naam daar sien.

biker ·

Aai dit is sleg. My meegevoel met die man se mense. Ek geniet my GS 1200 elke dag maar as die son sak los ek hom maar eerder in die motorhuis. Die risiko in die donker is net te groot.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.