Motorfietsryer sterf in tref-en-trap op N1

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Motorfietsryer is laat Donderdagaand vermoedelik tydens ʼn tref-en-trap-ongeluk op die N1-snelweg in Johannesburg doodgery.

Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, het Vrydag aan Maroela Media gesê die ongeluk het naby die Rivonia-afrit in ʼn suidelike rigting plaasgevind.

“Ons vermoed die slagoffer se motorfiets het onklaar geraak en hy het afgetrek en van sy motorfiets afgeklim voordat hy getref is,” het Meiring gesê. “Die man se liggaam is in die vinnige baan aangetref. Sy motorfiets is nie erg beskadig nie.”

Meiring het gesê die voertuig het hom vermoedelik teen ʼn hoë spoed getref, aangesien sy liggaam vermink is. “Die metropolisie moes ʼn gedeelte van die snelweg vir verkeer sluit terwyl hulle die toneel opgeruim en ondersoek het. Daar was nie ʼn ander voertuig op die toneel nie.”

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.