Motorfietsryer sterf ná bakkie koei tref

R336-pad in Kirkwood, Oos-Kaap (Foto: Google Maps)

Felix Meiring (17) is Saterdag oorlede nadat ʼn bakkie eers ʼn koei en toe hom op sy motorfiets in Kirkwood in die Oos-Kaap getref het.

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag en dronkbestuur.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, het gesê die Isuzu-bakkie het Saterdag omstreeks 19:00 op die R336 naby die Sondagsrivier-sitrusmaatskappy in Kirkwood gery toe dit ʼn koei getref het. Die bakkie het daarna ʼn aankomende motorfiets getref.

Meiring en die koei is op die toneel dood.

“Die 27-jarige bestuurder van die bakkie is in hegtenis geneem op aanklag van dronkbestuur. Hy sal na verwagting Dinsdag in die Kirkwood-landdroshof verskyn op aanklag van strafbare manslag en dronkbestuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Anoniem ·

Wat help dit Hy gaan in die hof verskyn, Felix en die Koei, is oorlede ! Oompie Dronk sal niks oorkom nie !

Oop oge ·

Nog ‘n bewys dat ‘n dronkbestuurder ‘n potensionele moordenaar is …
Behoort lewenslank opgesluit te word ….

Jo ·

Ag wat oom dronkie sal niks oorkom nie hy is beskermde wild. Ek voel net baie jammer vir Felix se ouers. God sal jul trooster wees

Edward ·

Voel die eienaar van die koei moet ook in hegtenis geneem en aanspreeklik gehou word.

Felix Meiring Snr. ·

Dankie vir elkeen op hierdie blad se boodskap en ook alle ander boodskappe. Rondloper diere en n dronk bestuurder het my “beste vriend” en ons seun van ons weggeskeur. Rus sag Seun. Jou plek is leeg.

Chantel ·

Liefste Pappa
Ek kan nie myself indink hoe stukkend julle vandag moet wees nie, ek dra julle almal op in my gebede, Mag Onse Hemelse Vader vir julle troos en julle almal styf vas hou

Anoniem ·

En mag ek vra wat word van die eienaar van koei?
Ons was ‘n jaar gelede ook in ‘n botsing op die N7 tussen Malmesbury en Moorreesburg, in die nag , a.g.v. ‘n hele trop beeste wat oor die pad beweeg het. Die aankomende voertuig se bestuurder is baie sleg beseer, ons was meer gelukkig, net ‘n afgeskryfde voertuig. Finansieël moet jy maar net die verlies sluk…. so onregverdig!

bosaap ·

Kyk ne, al was die man in die bakkie dood nugter, as jy n koei tref wat in die pad staan, is die kanse dat iemand dood gaan wees feitlik 100%. 19:00 in die Wes Kaap is die tyd van die jaar al sterk skemer, kan dink in die Oos Kaap moes dit al donker gewees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.