Motorfietsryer sterf ná hy in elektriese heining vasry

Foto: ER24.

ʼn Motorfietsryer in sy laat 50’s is Sondagoggend op die R500 op pad na Parys dood.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 10:30 plaasgevind. “Paramedici het die man aangetref waar hy sowat 15 meter weg van sy fiets gelê het langs ʼn wildsheining,” het Siddall verduidelik.

Volgens Siddall het die man verskeie frakture opgedoen toe hy in die elektriese heining vasgery het.

“Daar was niks wat ons vir hom kon doen nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Die voorval sal ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JoeV ·

Volgens die berig se opskrif wil dit blyk dat die peroon gesterf het agv. botsing met elektriese heining. Dit terwyl daar duidelik skaars skade aan die heining is. Die klippe in die voorgrond van die een fotos saam met die toestand van die voorwiel dui dalk op iets anders.
Simpatie met die familie.

dovaz ·

JoeV ja. Daar le iets. Seker a deel v d fiets. Sterkte aan die familie.

Jjvt ·

Daai voorwiel het iets getref en my vermoede is hys van die fiets af geslinger. Die heining lyk nog heel. Innige simpatie met die familie.

Chrisjan ·

Ek moet saamstem,sy voorwiel het beslis iets solieds getref wat hom beslis van sy motorfiets sou afgooi.Die heining het waarskynlik niks met sy dood te doen nie.Innige simpatie met die man se naasbestaandes.
Motorfiets ry? Dit veroorsaak net hartseer vir ander mense.

Henrico ·

Berig misleidend….sien deel van motorfiets teen klip….heining gaan nie velling so beskadig nie……korrek berig……die motorfiets het wel daar geeindig , maar beenbreuke agv die groot klippe wat in voorgrond le……julle wil nou die heining die skuld gee vir ongeluk…….eerstens wat soek motorfiets van die pad af as jy ordentlik ry….mooi dag

Tanya ·

Kon die band nie moontlik gebars het nie? Rus in vrede en mag die Here die familie wat agterbly vertroos.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.