Motorfietsryer sterf naby Groot-Brakrivier

Argieffoto (Foto: AlexVan, Pixabay)

ʼn Man, vermoedelik in sy 50’s, is dood in ʼn motorfietsongeluk Sondagmiddag naby Groot-Brakrivier in die Wes-Kaap.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het op die R102 plaasgevind.

“Volgens die man se vriendin wat op die toneel was, het haar vriend beheer oor die motorfiets verloor en teen die versperrings langs die pad gebots,” het Meiring gesê.

Die motorfiets se wrak is aan die kant van die pad aangetref, met die man se liggaam daar naby.

“Hy het ongelukkig reeds gesterf aan verskeie beserings. Niks kon vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Chriszelda Steyn ·

Ai Vriendin, ek is nou nog geskok oor Leon se heengaan. het nie woorde nie, al wat ek kan doen is om jou in my gebede te hou. sterkte Wannie :(

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.