ʼn 18-jarige man is Sondagoggend in ʼn motorfietsongeluk in Bloemfontein dood.
Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê die man het op die hoek van Kerk- en Bisseauxstraat in Oranjesig in ʼn paal vasgery. Hy is op die toneel dood verklaar. Steinmann sê dit is nog nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie. Die polisie ondersoek die saak.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Stekte aan die familie weet hoe dit voel om so n jong seun op daai ouderdom teverloor. Mag ons Hemelse vader met julle wees