ʼn 34-jarige man is Donderdagoggend in ʼn motorfietsongeluk op die M7-snelweg naby die Northdene-afrit in Durban oorlede.
Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Die man se liggaam het in die linkerkantste baan van die snelweg gelê,” het Meiring gesê. “Sy motorfiets het sowat 20 meter verder tot stilstand gekom.”
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek die voorval.