Motorfietsryer sterf op Hekpoort-pad

Motorfietsongeluk op die Hekpoort-pad (9 Julie 2017) (Foto: Netcare 911)

ʼn Motorfietsryer is Sondagoggend dood tydens ʼn botsing by die T-aansluiting van die N14 met die R563 in die Krugersdorp-gebied.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 10:45 plaasgevind. “ʼn Motorfiets en ʼn sportnutsvoertuig het gebots en die motorfietsryer was aanvanklik onder die voertuig vasgekeer,” het hy verduidelik.

Omstanders het ʼn domkrag gebruik om die motor op te lig en het die slagoffer van onder die voertuig weggeskuif voor paramedici by die toneel opgedaag het.

“Hy het verskeie beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” het Dollman bygevoeg.

Die vyf persone wat in die voertuig gery het, is ongedeerd.

Die polisie stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Michael ·

Die motorfiets eienaar kom altyd tweede of dit nou sy skuld was of nie daarom moet die motor bestuurders ekstra oplettend wees.

Houtoog ·

Nee Michael, dis andersom. Jy kom ook nie tweede maar heel laaste maak nie saak of jy reg of verkeerd is. Dis net mense wat self met twee wiele gery het wat die verkeer kan reg opsom en ook net indien jy jou op die pad gedra. In ‘n onlangse geval met swaar reën het ‘n motoris in Vanderbijlpark agter ‘n meisiekind op haar bromponie gery om haar te beskerm in die swak weerstoestande. Duidelik was dit iemand met tweewiel ondervinding.
En MM, dit is eerder ‘n T-aansluiting as ‘n kruising (par.1) waar die ongeluk plaasgevind het. Die een foto wys dit ook duidelik.

Pik ·

Die mes sny twee kante toe as almal net wil mooi ry en reels hou sal ons almal veilig wees baie hartseer vir almal sterkte

Jakalas ·

Ek is nie verbaas dat so iets op daai pad gebeur het nie. Ek ry daai pad baie en ek is nie baie lief om daai pad te ry nie. Dit is baie gewaarlik. Skerp draaie, nou paaie (met ‘n 100km/h spoed grens) en mense wat kaanse vat. Al ‘n hele paar keer gesien hoe iemand amper ‘n ongeluk maak op daai pad (alhoewel die kant van die pad vol kruise al klaar is van mense wat daar gesterf het) omdat hulle mense verby steek oor ‘n solide streep voor ‘n draai. Dit was maar net ‘n kwessie van tyd voor iemand hulleself misgus. My mee gevoellens vir die motorfiets ryer se familie.

paula ·

Dit was by n t aansluiting vir die motor. Hy het reg voor die biker ingery, ons was op die toneel.

Nico ·

Dit gebeur gereeld in mogale city area.Gaan kyk hoeveel ry sonder regisrasie plate en hoe word daar gejaag motorfietse en voertuie.Geen wetstoepassing nie.Daar gaan nog baie dieselfde paadjie loop want mense het nie respek vir mekaar en vir reels en regulasies nie

anton ·

Ek is amper 100% oortuig die BMW het voor die motorfietse ingedraai.
Ek sien dit daagliks en dat sekere mense nie op die pad hoort en nog minder n motor moet bestuur nie!!!

Wessie ·

Is jy seker jou feite is korrek?
As die BMW in dieselfde rigting gery het as waar hy staan in die foto, was hy op pad na die stopstraat toe, waar jy regs draai Rdprt/Krugersdorp toe en links Maropeng toe.
Dan sou ek eerder raai die motorfietsryer het van Krdorp kant af gekom rigting Magalies en die afdraai na links te vinnig gevat, gegly en onder die kar beland.

Ingrid van der nest ·

Hi WESSIE .. last ek jou gou reg help anton is 100% reg di bmw het voor my pa ingery .. met di weergawe hy het hom ni gesien nie.. my pa het gebriek strepe sit daar .. maar was tenaby hy het afgespring maar met hartseer het hy onder di kar beland … hy was n man van waardes di broodwinner in ons familie .. n man wat jy kon op staat maak en iemand wat ni ander in gevaar sal stel ni en oki homself ni ..

Houtoog ·

Kommentaar sneuwel? Verander net die kruising na ‘n T-aansluiting. Daar IS ‘n beduidende verskil!!!

Sune van Heerden ·

Dagsê Houtoog

Dankie, ons het die berig gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Jeni ·

Motorfiets eienaars dink die pad behoort aan hulle, hulle blaas toeter of (ref) die motorfiets tussen motors dat jy aan die kant van jou baan moet ry want die wit streep behoort aan hulle.
Hulle is veronderstel om in die middel van die baan te ry soos enige ander voertuig!

Motorfiets eienaar ·

Geagte Jeni, Ons as motorfiets “eienaars” ref dalk ons motorfietse met die doel dat julle voertuig “eienaars” ons kan hoor en raaksien want soos jy sien in bogenoemde geval is ons as motorfiets eienaars heel onsigbaar vir sommige voertuig “eienaars”.

Die wit strepe behoort glad nie aan “ons” nie, inteendeel vermy mens wit strepe met ‘n motorfiets want hulle is nogal glad en gevaarlik vir ons motorfiets “eienaars”. Lane splitting is toe nou nie onwettig nie en heel aanvaarbaar as dit op ‘n veilige manier gedoen word.
So sonder om te veralgemeen kan jy volgende keer op ‘n ingeligte manier kommentaar lewer. Ons motorfiets “eienaars” doen baie keer goed op die paaie om onself te beskerm en meer sigbaar en hoorbaar te maak want soos jy sien moet ons vir julle voertuig eienaars ook dink en bestuur om ons eie veligheid te verseker, indien ons dit nie doen nie wel dan kry ons nie die kans om weer ons geliefdes te sien nie.

Innige simpatie aan die biker se familie en vriende.

Poot ·

Jeni
Ek dink jy moet jou feite eers regkry voordat jy wetgewing of verkeersreels voorgooi. Ek ry al 36 jaar lank motorfiets. Ek is ‘n motor bestuurder ook en het terwyl ek in my motor was al gesien hoe druk ander motoriste motorfiets ryers eenkant om te verhoed dat hulle verby kan gaan. Ons ry motorfiets met ‘n doel……redes wat BAIE nooit sal vestaan nie. Een van hulle is om nie gefrustreerd in verkeer hoef te sit nie, maar wat deur sekere motoriste nie hanteer kan word nie. Die res van die redes gaan ek nie eers aan jou probeer verduidelik nie.

anton ·

Nee Jeni, motorfiets eienaars dink nie die pad behoort aan hulle nie maar baie motors gun nie vir hulle n plekkie of spasie op die pad nie.
Wat sal dit nou van n motoris vat as hulle net bietjie eenkant toe beweeg as n motorfiets tussen hulle wil deurgaan en gelukkig is daar sulkes wat dit wel doen.
En nee dit is nie teen die wet om tussen motors deur te beweeg nie!
Het jy dalk n persoonlike fete teen motorfietse en dalk bietjie jaloers omrede hulle gouer by hulle bestemming kan uitkom?
Onthou hulle is ook mense soos ek en jy en betaal ook lisensie geld om die pad te mag gebruik. Hê n HART asb.

Wipgat ·

Ek het my stiefpa laasweek verloor, motorfiets ongeluk, kar uit n ‘slipway’ voor hom ingery. Opslag oorlede. Mense kyk nie uit vir ander op motorfietse nie. Ons het al baie gery met n motorfiets en die met karre ry net eenvoudig voor mens in. Baie sterkte aan die familie, weet waardeur julle gaan xxx

anton ·

Ja Wessie, Paula het dit bevestig omrede hulle op die toneel was en gesien het wat gebeur het.
”I rest my Case”

Ekke ·

Ek ht daar verby gery, en soos dit vir my gelyk het was dat die voertuig met sy sleepwaentjie agter glad nie van plan was om enigsins te stop by T aansluiting…….seker te vinnig gery

Sssss ·

Ja jeni . As jy wil sien kan jy ook terug gaan op maroela se feeds daar was n rukkie terug n man met n go pro wat wys hoe die motor voor hom indraai toe hy n ongeluk gemaak het ( motor se skuld ) !!!.!

Santie ·

Ek ry daagliks op die M1 snelweg, en is maar altyd op die uitkyk vir motorfietse wat van agter af kom. Veral as ek ‘n motor voor my sien met ‘n plakker “Think bike” op. Maar soms kom hulle so saggies dat ek my lam skrik as hul hier naby my brul. Ek het ook al gesien dat bikers na motoriste se deure skop as hulle nie kan deurkom op die wit lyn nie. Nee wat, mens moet respek vir mekaar hê. Ek glo egter ‘n motorfiets is ”n doodskis op wiele” al ry jy mooi. ‘n Stampie van ‘n motor, of gly en val in reënweer, kan dodelik wees. Ons het onlangs gesien hoe ‘n biker geval het en met sy kop teen ‘n sypaadjie geval het. Hy is op slag dood. Jou kanse op oorleweing is net soveel kleiner as ‘n motor na ‘n stamp.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.