Motorfietsryer sterf toe eenton-afleweringswa hom tref

Argieffoto: Netcare 911

ʼn Motorfietsryer is Sondag in Pretoria dood ná ʼn botsing tussen sy motorfiets en ʼn eenton-afleweringsvoertuig.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê hul paramedici is omstreeks 12:15 na die toneel ontbied.

Die voorval het op Steve Bikoweg in Wonderboom-Suid plaasgevind.

“Luidens berigte vanaf die toneel is ʼn volwasse man deur ʼn eenton-afleweringsvoertuig getref,” het Herbst gesê.

Volgens Herbst het die man lewensbedreigende beserings opgedoen en is hy op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Koos ·

My kar weeg meer as ‘n ton. Sê maar sommer net “ligte afleweringsvoertuig”.

Flojo ·

Stem saam, die “eenton” hoort glad nie in die artikel nie.

Theresa ·

Innige simpatie aan die oorledene se gesinslede. Was die voertuigdrywer wat teen hom gestamp het, onverantwoordelik – dalk te vinnig gery? – of hoe het die ongeluk gebeur. Tragies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.