Motorfietsryer sterf toe hy deur muur jaag

Foto: Rescue Care

ʼn Motorfietsryer het Maandagmiddag tydens ʼn fratsongeluk in Durban gesterf.

Garrith Jamieson, bedryfsdirekteur van Rescue Care-nooddienste, het gesê die voorval het omstreeks 14:30 in Manor Gardens gebeur.

Volgens Jamieson wou die motorfietsryer glo sy motorfiets aan die gang skop toe hy beheer verloor, deur ʼn muur gebars en teen ʼn boom gebots het. Die man het veelvuldige beserings opgedoen en is met paramedici se aankoms op die toneel dood verklaar.

Jamieson het gesê die oorledene was vermoedelik in sy 70’s.

Die voorval word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JSG ·

Iets klink nie reg hier. Dis feitlik onmoontlik om ‘n motorfiets aan die gang te skop terwyl dit in rat is tensy jy die koppelaar ingetrek hou. Meeste motorfietse sal slegs in neutraal aan die gang kom. Dis moontlik dat hy dit aan gang gekry het en terwyl hy brandstof handvatsel gedraai het, die koppelaar te vinnig gelos het en in die proses teen die muur vasgery het. Sterkte aan sy familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.