Motorfietsryer sterf toe hy koedoe tref

Die toneel Sondagoggend 30 April 2017 op die R512 buite Lanseria waar ‘n motorfietsryer ‘n koedoe getref het (Foto: ER24)

ʼn Motorfietsryer is Sondagoggend op die R512 buite Lanseria dood toe hy ʼn koedoe getref het.

“Paramedici is omstreeks 07:30 na die toneel ontbied waar die man, sy motorfiets en die koedoe ʼn paar meter van mekaar gelê het,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê. “Die man het noodlottige beserings opgedoen. Hy is op die toneel dood verklaar.” Die koedoe is ook dood aangetref.

“ʼn Ooggetuie het gesê die man en sy motorfiets het deur die lug getrek, maar hy het nie gesien die man het ʼn dier getref nie. Hy het die koedoe eers opgemerk toe hy ondersoek ingestel het.”

Plaaslike owerhede was op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

anton ·

Dit is tragies.
Snaaks, as ek soms die paaie rondom Hartbeespoort dam ry wonder ek altyd wanneer n wilde dier oor die pad gaan hardloop of spring.
Ek wonder of die heinings altyd voldoende is vir die wilde diere wat in daardie omgewings aangehou word.
Dink die motorfietsryer het dalk ook bietjie vinnig daar gery. Het self al telkemale gesien hoe hulle jaag op daai paaie.
Sterkte aan sy naasbetaandes.

Eugene ·

Dit is baie tragies. As jy ooit in bokkontrei gaan ry, plak twee bokfluitjies op jou voertuig. Kan by enige Midas onderdelewinkel gekoop word vir ongeveer R25 per paar. Uit persoonlike ondervinding weet ek dat dit werk.

Warren ·

My Pa was so 3 jaar terug op daai presiese plek ook met n koedoe in n groot ongeluk betrokke waar die quantum afgeskryf was.
Dis n probleem area en die eienaars daar moet vasgevat word.

Die wegsleep dienste sit nie ver van daar af nie want hulle weet daar sal iets gebeur. Hoeka het hulle nog gese hulle sal die quantum verniet sleep as hulle die koedoe kan laai.

Gert ·

As die eienaars daar vasgevat moet word, wat van al die ander plekke waar diere n gevaar inhou. Hammanskraal gereeld seekoeie op ou Warmbad pad bv
Geen heining keer n koedoe in elk geval. Diere was en is hier lank voor die mens en die mens verdring hul habitat. Motorfietsryers weet sy lewe is in gwvaar sodra hy op die pad is wat nog as spoed n rol speel. Vat dit vas en los eienaars van grond maar uit. Niks met botsings te doen. Geen heining doeltreffend genoeg, of stel jy voor daar moet eerder nog verkeer as diere wees?

anton ·

Gert jou redenasie dat diere eerste hier was is nie so lekker nie.
Waar sal jy dan sê is die mense se habitat wat as God se kroon skepping geag word?
Diere is nie belangriker as die mens nie en God het opdrag gegee dat die mens oor die dier sal heers ongeag of hulle wild of mak is.
Diere moet ingekamp word indien hulle n moontelike gevaar vir die mens kan inhou!

Ansie ·

Mense moet onthou die wet bepaal nie dat as jy n gewone boer is om wildsheining voor jou plaas te span nie. Net Wildsboere en Wildtuine. Daardie koedoe behoort aan niemand nie hy behoort aan die natuur. En elke motoris moet bewus wees daarvan dat as hulle plaaslike gebiede betree geld die wette van die natuur. Respekteer die natuur en ons het die natuur nodig. Baie innige meegevoel vir die familie van die motorfietsryer. Dit bly altyd hartseer.

Piet Pompies ·

Jammer oor die afsterwe van die motorfiets ryer. ‘n Koedoe is ‘n bok wat kan spring, byna geen heining gaan hom keer. Die skepping met die diere was eerste hier, die mens het na die tyd gekom en paaie gebou. Tref eerder die nodige voorsorg wat wilde diere teenwoordig is. Wilde diere ken nie goed soos besige paaie en voertuie, die natuur is hulle weiveld.

Cherokee ·

Piet Pompies, mense soos jy, Gert en ek praat dieselfde taal met respek vir God se skepping en liefde vir die natuur en wense om dit behoue te laat bly soos dit is.

Sê maar net ·

Ek ry gereeld daardie pad en het nog nooit ‘n koedoe of enige ander bok daar teëgekom nie. Daar is nie eers borde op om mens te waarsku nie. So ek dink nie mens kan spoed blameer nie. ‘n Koedoe wat uitspring kan jou verras op enige spoed

Rudolph van Wyk ·

Die lang gras en bosse digby die pad maak dit ‘n baie, baie hoë risiko vir motorfietsryers. Ek weet want ek was al self die slagoffer van ‘n botsing met ‘n vlakvark wat skielik uit die lang gras reg in my pad in beweeg het. Ek vermy sulke paaie heeltemal as ek motorfiets ry of ek verminder my spoed na 60km/h. Enigeiets vinniger as dit onder daardie toestande is roekeloos

Roelie ·

Liewe mense, ‘n Koedoe spring lag lag oor ‘n heining van 2.4 Meter hoog, en dit vanuit een stilstaande posisie langs die draad! Het dit al 3 keer gezien! Jy kan hom nie keer nie!

Marie ·

Eugene waarvoor is bokfluitjies? Ons bly in Noord kaap en hier is altyd bokkies of veral naby Kuruman is koedoes.

Vivian ·

My hart gaan uit na sy naasbestaandes. Nie verwag in Gauteng om koedoes so tee te kom nie.

MM ·

Soms wonder ek, in watter ouderdomsgroep die mense val, wat hier kommetaar lewer, ai tog!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.