Motorfietsryer sterf toe hy onder voertuig beland

Argieffoto: ER24

ʼn Motorfietsryer, vermoedelik in sy laat 20’s, is dood nadat hy Vrydagaand tydens ʼn botsing in Randburg, Gauteng, onder ʼn voertuig beland het.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 23:00 na die ongelukstoneel op die hoek van Republiekweg en Bram Fischer-rylaan ontbied. Meer as een voertuig en ʼn motorfiets was by die ongeluk betrokke.

Paramedici het ʼn man en vrou aangetref wat langs die pad gesit het. “ʼn Motorfietsryer was onder ʼn voertuig vasgekeer en is deur ander nooddienste op die toneel dood verklaar,” het Siddall gesê.

“Die vrou, vermoedelik in haar 30’s, het matige beserings opgedoen en is deur ER24 na die Mediclinic Sandton geneem.” Die man wat langs haar gesit het, was ook beseer.

Siddall het gesê ʼn tweede man het geringe beserings opgedoen en is deur ʼn ander ambulansdiens na ʼn hospitaal geneem.

Siddall kon nie meer inligting oor die oorsaak van die botsing verskaf nie en het gesê dit sal deur die polisie ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Koos ·

Laataand op ons paaie is maar rof, veral op ‘n openbare vakansiedag. Dan het die sous gewoonlik al bietjie gevloei as mense die pad vat.

Elsabe ·

Motorfietse is nie duidelik sigbaar as die regte klere nie gedra word nie. Spoed speel ook n groot rol.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.