Motorfietsryer sterf toe hy teen trok bots

Foto: Verskaf.

ʼn Man, vermoedelik in sy 40’s, is vroeg Vrydagoggend dood toe sy motorfiets teen die agterkant van ʼn vragmotor gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het op die N12-snelweg plaasgevind by Gillooly’s in Kempton Park.

“Paramedici het die man se liggaam in die middel van die pad aangetref. Die man se motorfiets het sowat 400 m verder gelê,” het Meiring gesê.

Die man het volgens Meiring veelvuldige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Die bestuurder van die vragmotor is nie beseer nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Speedy ·

Eers is die ‘bike’ vermorsel deur die impak en toe vier rugbyvelde verder geslinger. Ja, ek bespiegel . . .
Mens moet maar versigtig werk met dit wat aanleiding gee tot ongelukke.

Draco ·

Wonder of die trok se agterligte skoon was en gewerk het…… maar waar speed kills for sure.

ChrisE ·

Die motorfietsryer bots teen die vragmotor van agter. Die betsuurder is nie beseer nie. Rêrig mense. Dink die persoon wat die berig geskryf het almal is morone. Dit is soos ek sit altyd agter in ‘n Boeing. Het julle al gehoor van ‘n Boeing wat in ‘n berg vas “reverse”?

Landi Slatter ·

Dagsê ChrisE

Dankie vir jou kommentaar. Soos die berig vermeld het die motorfietsbestuurder beswyk aan sy veelvuldidige beserings. Ons haal graag aan “Die bestuurder van die vragmotor is nie beseer nie”. Hoop dit klaar jou verwarring op!

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Anoniem ·

Dit is hartseer. ek is self n motorfiets ryer maar wil ook vandag se dat baie ouens met hul superfietse maak asof hulle beroemde renjaers is. Ek sien dit daagliks selfs in Boksburg jaag n jong man daar teen n spoed ver oor die 160 in n hoofstraat met oneindig baie verkeer. Manne n superfiets is nie n speelding nie en asjy wil jaag geen Redstar race track toe asseblief dit is nie lekker om n biker buddy se lyk te sien le op die pad nie. Geniet jou fiet, jy weet hy kan vinnig ry en jy het niks nodig om dit te bewys nie.

Hoe vinnig? ·

Die mense wat weet, hoe vinnig dink julle moes hy gery het om 400m vannaf sy fiets te lande te kom?

pb ·

dis baie sleg. tog soek hierdie ryers hul eie dood. kyk hoe lyk die fiets… jammer vir die mense wat agterbly…soo hartseer. ek het maar min genade in hierdie gevalle met die oorledenes. kom kyk self hoe word gery op die N1 en die pad tussen polokwane en Tzaneen in die passe. Werklik selfsugtig teenoor hul geliefdes om die dood so te tart

Lientjie ·

Gillooly’s ………… Bedfordview……………… Ek kan net dink wat die spoed van die motorfiets was 400 meter verder sjoe dis bitterlik ver. Ek moet lag vir jou ChrisE!! Goed gese!

Lynette ·

Ek stem Chris E. Die bestuurder van vragmotor kon nie beseer wees as motorfiets vragmotor van agter tref nie!!! Ek hou van jou sitplek op Boeing!!!!

CHRISTA ·

Hier in Ekurhuleni waar ek ELKE DAG van elke week ry (Bedfordview, Edenvale, Primrose en Kempton Park areas) het 80% van die motorfietse nie eers nommerplate nie, Hulle jaag oor soliedie strepe met aankomende verkeer verby jou en dink hulle is SUPERMAN!!

Ek bid dat ons liewe HERE die oorledene se familie in sy vertroostende arms sal toevou, veral tydens ons Feestyd wanneer ons ons liewe HERE se geboorte vier – nou moet hulle ‘n geliefde gaan begrawe!!

Heleen ·

Het gister weer gesien hoe superbike bestuurders jaag…ek kry skoon hartkloppings v angs..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.