
Foto: Verskaf deur ER24.
’n 36-jarige man is Dinsdagoggend dood toe hy met sy motorfiets teen ’n vragmotor gebots het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 07:00 op die R500 buite Fochville plaasgevind.
“Toe paramedici by die toneel opdaag, het hulle die wrak van die motorfiets in die middel van die pad aangetref. Die liggaam van die bestuurder het twee meter weg van die wrak gelê,” het Meiring gesê.
Die man het veelvuldige beserings opgedoen en geen tekens van lewe getoon nie. Hy is op die toneel dood verklaar.
Die bestuurder van die vragmotor is nie beseer nie.
Die polisie ondersoek die voorval.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Al is die vragmotor bestuurder verkeerd gewees,jy vermy hom so goed jy kan want jy het geen kans teen ‘n vragmotor nie.Die probleem is motorfietse is te vinnig wat maak dat ongeluk vermyding in die meeste gevalle onmoontlik is en die motorfietsryer kom net tweede.
Innige simpatie aan sy naasbestaandes.
Ag nee – dis tragies. Mag die familie troos vind. Hoop die vragmotorbestuurder word ten minste op ‘n poligraaftoets gesit om uit te vind wat presies gebeur het. Motorfietryers ry nie bloot in ‘n vragmotor in nie.
Man.. ek HOU NET NIE van ‘n motorfiets nie. Daai sogenaamde “thrill” is nie mens se lewe werd nie. Mens het net ‘n beter kans in ‘n voertuig dink ek.
Waar het ongeluk gebeur? Dorp provinsie kort.
MOOI MAN JORRIE!!! – daars niks lekkerder as dit nie!! he he he