Motorfietsryer sterf tydens gedenkrit

(Foto: ER24)

’n Motorfietsryer (53) is dood toe hy die afgelope naweek teen ’n vragmotor op die N3 in Van Reenenspas gebots het. Die motorfietsryer het tydens die voorval glo saam met lede van ʼn motorfietsklub aan ’n gedenkrit vir ’n afgestorwe lid van die klub deelgeneem.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê die man en sy motorfiets het omstreeks 16:20 met paramedici se aankoms op die toneel in die regterbaan gelê. Talle lede van die motorfietsklub het op die toneel rondgestaan.

Die man het veelvuldige beserings in die voorval opgedoen en paramedici het hom op die toneel dood verklaar.

Die toepaslike owerhede was ook op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Cecilia ·

Dis altyd tragies as so iets gebeur terwyl jy n ander lewe gedenk.
Aan d ander kant weet ek hoe d manne kan jaag in daardie pas.
D vragmotors beweeg teen n slakke pas agv d skerp draai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.