Motorfietsryer tref motor kop eerste

Ongeluk op 10 April 2016 in Pinetown (Foto: ER24)

Ongeluk op 10 April 2016 in Pinetown (Foto: ER24)

ʼn Motorfietsryer het Sondagmiddag ernstige kopbeserings opgedoen toe hy kop eerste die agterste venster van ʼn sportnutsvoertuig in Pinetown, KwaZulu-Natal getref het.

“Die ongeluk het op die hoek van Old Mainweg en Cheritonrylaan plaasgevind,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, gesê. “Die motorfietsryer het op die grond geval nadat hy die venster getref het.”

Volgens Bodasing het die bestuurder van die motor langs die motorfietsryer in Old Mainweg gestaan toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die bestuurder van die motor is nie beseer nie. “Die motorfietsryer is op die toneel behandel en na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die omstandighede rondom die ongeluk is nog nie bekend nie. Owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Na alle waarskynlikheid blyk dit dat Old Mainweg se naam nou Josiah Gumedeweg is. Wonderlik hierdie naamsveranderinge wat ook brood op die tafel sit en kosteloos gedoen word. Ook makliker as om ‘n slaggat te herstel.

Sputnik ·

Hoe is dit moontlik, dit lyk dan werklik of die motorfiets geen duik aan die agterkant van die motor gemaak het nie, behalwe die gat in die ruit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.