Motorfietsryer val na sy dood

Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die motorfietsryer op Pretoriaweg, wat onder die oorbrug geleë is, aangetref (Foto: Verskaf)

ʼn Motorfietsryer in sy 40’s is Sondagmiddag dood toe hy in ʼn ongeluk op die N4 in Silverton, Pretoria, op die pad onder ʼn oorbrug te lande gekom het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, sê die man het glo beheer oor sy motorfiets verloor, die versperring langs die pad getref en toe van die brug afgetuimel.

“Paramedici is omstreeks 14:30 na die toneel ontbied. By hul aankoms op die toneel het hulle die motorfietsryer op Pretoriaweg, wat onder die oorbrug geleë is, aangetref,” sê Van Huyssteen.

“Die man is op die toneel dood verklaar.”

Van Huyssteen sê die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Danie ·

Ek ry nou al 45 jaar motorfiets en het twee ongelukke gehad en alwee kere was ek windgat en het te diep in die bottel gekyk. Die probleem vandag is ook dat die motorfietse verskriklik vinnig is en die ouens maak misbruik daarvan. As jy wil jaag gaan na n renbaan nie n openbare pad nie. Asb ouens wees verantwoordelik.

Nie Verbaas ·

Ek stem. Motoriste onderskat ook spoed waarmee motorfietse soms mee nader kom.

Stofdonkie ·

En nou dat jy nie meer motorfiets ry nie omdat jy weet jy te roekeloos is nou reken jy dit is die oorsaak van alle ongelukke? Net omdat jy dom en roekeloos is maak dit nie nou dat elle motorfiets ryers so is nie.

ES ·

Stofdonkie, 95% van motorfietsryers wat “breakfast runs” doen op Sondae, ry roekeloos. Ek was ook self daar, en ek kan dit bevestig. Die manne ry vanaf JHB na Parys en spog dan oor hoe vinnig hulle die afstand kon afle op hul CBR’s, Busa’s, Ninja’s, R1’s of hul BMW 1250’s. Net plain roekeloos.

Vlooitjie ·

Nee wat, ek stem saam Stofdonkie, ons ry self mototfiets en daar is honderde wat veilig bestuur en AGAT ry meneer. Jy kan nie veralgemeen nie.

Misky ·

So paar weke gelede was ek amper in ‘n ongeluk betrokke met ‘n motorfietsryer. Ek moes van baan verwissel en ek het in my tru-spieeltjie en blindekol gekyk. Die motorsfiets baie ver weg nog gesien, soos ek van baan wou verwissel, is daai ou binne sekondes reg langs my. Hulle jaag soms so op mens af en vleg tussen die karre, dat so ongeluk vinnig gebeur.

Sterkte aan die motorfietsryer se familie en naasbestaandes

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.