Motorfietsryer vas teen 271km/h

Vector-Speedometer-vectorTwee motorfietsryers is Vrydag op die N1-suid vir spoedoortredings in hegtenis geneem.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê die eerste motorfietsryer is op sy BMW-motorfiets vasgetrek waar hy 271km/h in ʼn 120km/h-sone gery het naby die Maraisburg-afrit. Minnaar sê die motorfietsryer het versuim om te stop. “Min het hy geweet dat daar 3km vorentoe ʼn padblokkade was.” Hy is in hegtenis geneem en aangekla van roekelose bestuur en versuim om vir ʼn verkeersbeampte te stop. Die motorfiets het ook nie nommerplate op gehad nie. Die verdagte sal Dinsdag in die Roodepoort-landdroshof verskyn.

Minnaar sê ʼn 21-jarige man sal ook Dinsdag in die Roodepoort-landdroshof verskyn nadat hy teen 206km/h in ʼn 120km/h-sone vasgetrek is. Minnaar sê die man se motorfiets het ook nie nommerplate opgehad nie. “Hy was op sy motorfiets met ʼn vroulike passasier.” Minnaar sê hy is op dieselfde stuk pad in hegtenis geneem as die ander motorfietsryer.

Volgens Minnaar verwyder talle motorfietsryers die nommerplate van hul motorfietse af ten einde spoedkameras te ontduik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

andries ·

Wat is fout met mense wat die spoed ry, is dit nie tyd dat mense se koppe ook getoets word saam met die oog toets.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.