Motorfietsryer se liggaam 200m ver geslinger

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Motorfietsryer is Maandag in die vroeë oggendure dood ná ʼn ongeluk op die N12 naby Xavierweg in die suide van Johannesburg.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die man se liggaam is naby ʼn paal by ʼn versperring aangetref. Daar word vermoed dat hy van sy motorfiets af geslinger is.

“Sy liggaam is sowat 200m van die motorfiets se wrak opgespoor,” het Bodasing gesê.

Hy het verskeie ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Riaan ·

Maroelamedia, net n spelfout in die opskrif: MotorfietsryerS se liggaam

Susan Lombaard ·

Dankie, Riaan, ons het dit reggestel. Jammer daaroor!

Paplepel ·

Was nog altyd waar: Ride like lightning, crash like thunder.
Sterkte aan die familie. Daar is nou baie onnodige trane.

Paul ·

Sjoe – watse spoed moet ‘n mens ry om 200m ver geslinger te word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.