Motorfietsryers span saam teen plaasmoorde

Foto: Facebook

ʼn Motorfietsrygroep, bekend as Bike Riders Against Farm Murder (BRAFM), beplan om vandeesweek te begin met ʼn bewusmakingsveldtog oor plaasaanvalle en ʼn roete deur elke provinsie in Suid-Afrika te ry.

Dié groep sal polisiestasies besoek en die verskillende gemeenskappe ontmoet en ondersteun wat deur plaasmoorde geraak word. Die projek staan as die 911-Ride bekend.

Jonine Calitz, nasionale organiseerder en direkteur van BRAFM, het gesê die doel van 911-Ride is om die kollig te laat val op mense wat deur plaasmoorde geraak is. “Die projek wil motorfietsryers en motorfietsklubs byeenbring om die duisende boere wat brutaal in plaasmoorde doodgemaak is te eer. Meer belangrik wil ons ook die duisende boere wat in konstante vrees vir hul lewens leef, ondersteun. Ons wil alle pogings ondersteun wat saamstaan teen ʼn gesag wat die lot van ons boere ignoreer.”

Die 911-Ride-projek sal ook ʼn memorandum aan die SAPD oorhandig waarin hulle die SAPD bedank vir die werk wat hulle reeds gedoen het met betrekking tot plaasmoorde, maar tog aanmoedig om ʼn veiliger omgewing vir boere te skep deur saam met die gemeenskap te werk.

“Die veldtog gaan nie oor politiek, geloof, ras of selfverryking nie. Dit gaan oor selfbehoud om te voorkom dat Suid-Afrika die volgende Afrika-land word wat in hongersnood verval,” het Calitz gesê. “Ons wil mense oor alle spektrums heen betrek. Ons wil hê die wêreld moet regop sit en aandag gee.”

Die 911-Ride sal op 2 September begin en die aansluitingsfooi is R80.

Die geld wat met hierdie projek ingesamel word, sal gebruik word vir die ondersteuning van boere en ander partye wat geraak word deur plaasmoorde, opvoedkundige sessies, die instandhouding van plekke van gedagtenis en vir die koste van die organisasie.

Vir meer inligting oor die 911-Ride, besoek die BRAFM Facebook-blad hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Willie ·

Baie dankie,sal graag n bydra wil gee.is daar enige bank besonderhede

Pik ·

Is daar nie n manier dat ons betrek kan word wat nie motorfiets ry nie

Anton ·

Baie dankie vir hierdie inisiatief. Hoe kan Jan en San Alleman (die wat sonder wiele is) deel word van hierdie oplossing. Indien iemand my kan wys hoe om dit te doen is ek bereid om ‘n radiostasie of kommunikasiesentrum te beman op my skof

Koeksister ·

Wil baie graag bydra maar bly op die oomblik oorsee omdat my man en seun reeds vermoor is in n plaasaanval.
Bankbesonderhede asseblief?

Anoniem ·

Ai Koeksister, dis sulke seer seer seer woorde wat jy sê! My hart gaan uit na jou. Dankie dat jy kans sien om te help ten spyte van jou eie trauma.

Jonine ·

Ek is Jonine,, een van die direkteure van BRAFM. Die wat graag n bydrae wil maak of meer inligting wil he kan my gerus kontak op 060 632 1637 of mail na [email protected]

Landi ·

Dankie! Uiteindelike doeners wat nie net kla, kerm en krys nie. Kontakdetails?

Jonine ·

Ek is Jonine,, een van die direkteure van BRAFM. Die wat graag n bydrae wil maak of meer inligting wil he kan my gerus kontak op 060 632 1637 of mail na [email protected]

Nicky ·

Baie Baie dankie….. Ek is ‘n Boer se dogter, en die bekommernis maak mens soms rasend. Ek is nog skaars wakker in die oggend dan bel ek om te hoor of hulle veilig is…. En as hulle bietjie lank vat om die telefoon te antwoord wil ek mal word! Wat maak my anders as ander boere wat vermoor is se kinders? Niks!!!!! Uit die diepte van my hart….. Baie Baie Dankie vir dit wat julle doen vir ons Boere!!!!

Janee ·

Veels geluk BRAFM, mag dit alle verwagtings oortref en baie aandag vestig op hierdie plaag.

Alida ·

Wonderlike nuus. Besoek elke plaas/kleinhoewe en laat die boere n maandelikse fooi betaal en patroleer dan 24/7 die lede se plase ens. Wees te alle tye sigbaar. Ek hoop my voorstel dra water. Dit kan werk skep vir baie mense.

Christelle9 ·

Alida …. ons boere se kostes om onsself te beveilig beloop reeds duisende rande. Ons ry self patrollie in die aande (op ons eie diesel onkostes – daar word maklik 100km + gery op ‘n aand)… ons het geld spandeer op diefwering, heinings, alarms, kameras, honde (binne en buite), b-burg radio’s in ons huise en in elke voertuig…. iewers raak hierdie fondse op. Ons kan nie nog geld spandeer op ander mense wat vir ons patrolleer nie. Ons moet dit self doen.
Dankie aan BRAFM vir hierdie wonderlike idee….. ons hoop om jul hier ook te sien

chris liebenbers ·

Dankie Jonine wys jou net weer wat die bikers uit bestaan altyd reg viir bystand
van diere (3 sept Animal run Boksburg)tot boere en baie meer Go Bikers Go

Deon ·

Wonder waar is die ANC “Regering” se bydrae tot die inisiatief.

As hul, hul werk reggedoen het was, diefwering, alarmstelsels ens ens nie nodig in ons land nie. As kind het ons nie ieder en elke beveiligingstoestel benodig om onsself te probeer beveilig nie. Mens kon met oop vensters en deure gaan slaap met gemoedsrus.

Vandag moet jy jouself in n tronk toesluit, en is steeds nie veilig nie.

Kom Zuma, Gupta, Juju ens ens ens … jul sal nou regtig wys dat jul die veiligheid van boere steun deur jul Harley’s op te start en die inisiatief van BRAFM steun deur voor te ry. “Asof dit in die land sal gebeur, dink landsburgers sal van hulle stoele afval, om so iets waar te neem”

Dog maar net…..

Alana ·

Baie baie dankie vir hierdie inisiatief. Werklik fantasties. Alle voorspoed en mag die Suid Afrikaanse volk jul goedhartig ondersteun

FM ·

Puik idee Bikers. Baie dankie. Julle is tops. Sterkte vir alles wat julle gaan doen. Mag dit alle verwagtinge oortref.

Jonine ·

Baie dankie julle. Kom ondersteun ons asb. 911RIDE-OFS – SKEDULE

1 September’17

12:05 – Parys
13:22 – Vredefort
14:40 – Viljoenskroon
15:52 – Wall of Remembrance Bothaville
16:43 – Bothaville

19:00 NG Moeder Bothaville ? TREURGROND

2 September’17
I
07:43 – Hoopstad
09:00 – Hertzogville
11:32 – 14:00SENWES – Bushpub Bloemfontein
MASS RIDE & DAYJOL & Bush Pub

14:36 – Tierpoort
14:53 – Dealsville
16:02 – Boshof

3 September’17

07:51 – Petrusburg
09:12 – Koffiefontein
10:19 – Fauresmith
11:01 – Jagersfontein
12:18 – Trompsburg
13:51 – Springfontein
14:57 – Bethulie
16:20 – Smithfield

4 September’17

07:35 – Rouxville
08:38 – Zastron
09:47- van Stadensrus
10:44 – Wepener
11:44 – Hobhouse
12:54 – Ladybrand
14:14 – Clocolan
15:15 – Ficksburg
16:24 – Fouriesburg
17:35- Clarens

19:00 – Friends Clarens ? TREURGROND

5 September ’17

09:10 – Kestell
10:18 – Bethlehem
11:32 – Reitz
13:05 – Frankfort
15:04 – Heilbron
16:03 – Leeu Park
18:30 – LEEU PARK – ? TREURGROND

6 September’17

09:06 – Sasolburg
11:00 – ? TOE
Enige navrae kontak my 060 632 1637.

anton ·

Dit is nou alles goed en wel maar in 23 jaar het niemand geluister en iets gedoen aan plaasmoorde nie!!!
Dink julle iemand gaan nou luister???
Net n eerlike vraag.

Lee ·

Baie mooi inisiatief. Baie dankie daarvoor. Seënwense met hierdie projek!!
Jonine, ek sal jou per epos kontak vir jul bankinligting.
xxx

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.