Motorfietsryers sterf in Newcastle-botsing

Argieffoto (Foto: AlexVan, Pixabay)

Argieffoto (Foto: AlexVan, Pixabay)

Twee mense is Saterdag in Newcastle in KwaZulu-Natal oorlede toe hul motorfiets met ʼn motor gebots het.

“Volgens die aanvanklike ondersoek blyk dit of die motorfiets die motor wou verbysteek, terwyl die motoris op dieselfde oomblik besluit het om ʼn U-draai te maak,” het Zinhle Mngomezulu, woordvoerder van die provinsiale padverkeersinspektoraat, gesê. Die ongeluk het by die kruising van HJ van Eckrylaan en Allenstraat plaasgevind.

“Drie mense wat in die motor gery het, is beseer,” het Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, gesê. “Hulle is in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal geneem.”

Die twee persone wat op die motorfiets gery het, ʼn man en ʼn vrou, is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Rina

Ons vra om verskoning vir die fout. Ons het die berig gewysig.
Stuur gerus ‘n e-pos aan [email protected] indien jy meer besonderhede oor die voorval of slagoffers het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Monica ·

Ek wens motorists wil twee keer kyk voor hul uit hul baan beweeg. ‘n Jong man het ook ‘n paar dae terug in Windhoek, Namibia, sy lewe verloor agv ‘n persoon wat voor hom ‘n u-draai gemaak het.

BoereBikerBaby ·

Dis baie sad, hulle was vriende van my vriend. Ek verstaan nie hoekom maak mense ‘n U-draai in die pad sonder enige aanduiding nie. Die man het onlangs sy motorfiets weer ge-respray. O, en wat dit nog erger maak, hulle was oppad na ‘n charity run… ai tog! Mense asb, maak julle oe oop vir bikers. Ons het ook familie wat op ons “depend”. Sommige mense sal dit nooit verstaan, maar vir ‘n biker is sy bike sy trots. Dis ons passie in die lewe….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.