Motorfietsryers sterf in twee Kaapstad-ongelukke

Argieffoto

Argieffoto

Twee motorfietsryers het in aparte ongelukke in Kaapstad in die Wes-Kaap gesterf, het paramedici Sondag gesê.

“Die eerste ongeluk het op die R27 naby Melkbos gebeur toe ʼn motorfiets en drie ander voertuie in ʼn botsing betrokke was,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê. Die man het baie ernstige beserings opgedoen. Verskeie van sy liggaamsdele is geamputeer. Hy is op die toneel dood. Die persone in die drie voertuie is glad nie beseer nie.

In ʼn tweede voorval het ʼn motorfietsryer, ‘n man in sy vroeë 30s, gesterf nadat ʼn bestuurder op die N7 beheer oor sy motor verloor en voor aankomende verkeer beland het. “Die motorfietsryer het die omgeslane motor getref,” het Vermaak gesê. “Hy is op die toneel dood.” Die bestuurder van die motor is ongedeerd.

Plaaslike owerhede ondersoek die ongelukke. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.