Motorhandelaars, publiek gewaarsku oor rooftogte

Argieffoto (Foto: Karolina Grabowska/Pixabay)

Tweedehandsemotorhandelaars langs die N12 in Klerksdorp in Noordwes word gemaan om versigtig te wees wanneer voornemende kliënte hulle nader. Dit volg ná ʼn paar voorvalle waar voertuie gekaap is by die polisie aangemeld is.

Kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, het gesê in een van die voorvalle het verdagtes hulself as kopers voorgedoen en ʼn toetsrit in ʼn bakkie versoek. “ʼn Verkoopspersoon van die handelaar het hulle vergesel. Tydens die toetsrit het die verdagtes skielik in ʼn verlate stuk pad stilgehou, ʼn vuurwapen op die slagoffer gerig, hom aangesê om uit die voertuig te klim en weggery. Die handelaar het geen inligting beskikbaar oor die beweerde kliënte nie.”

Myburgh het gesê handelaars word versoek om seker te maak dat hulle ʼn ondertekende vrywaringsvorm het wat deur ʼn voornemende kliënt ingevul is tesame met ʼn afskrif van hul identiteitsdokument/rybewys/duimafdruk voor ʼn toetsrit onderneem word.

“Die polisie in die provinsie wil ook lede van die gemeenskap maan om versigtig te wees wanneer hulle reageer op aanlyn advertensies, veral wat vee en voertuie in Makwassie, Leeudoringstad, Boskuil, Wolmaransstad en Jouberton betref,” het sy bygevoeg.

“ʼn Voornemende kliënt het op 14 Januarie 2020 ʼn advertensie van ʼn Avanza op Facebook gesien. Hy het die verkoper geskakel en gereël om hom te ontmoet. Tydens die eerste ontmoeting is daar ingestem dat die koper kontant sal betaal en die voertuig sal toetsbestuur. Hy het later dieselfde dag teruggekeer, vergesel deur drie vriende. Toe hulle die verkoper in Jouberton ontmoet, is die verkoper en sy vriende omring deur ʼn groep van ongeveer 14 persone wat met vuurwapens en pangas gewapen was. Hulle is van ʼn groot bedrag kontant en persoonlike besittings soos selfone beroof.”

Myburgh het die volgende wenke gedeel wanneer jy op ʼn aanlyn advertensie reageer:

  • Moenie vreemdelinge by jou huis of in hoofsaaklik residensiële gebiede ontmoet nie. Ontmoet mekaar naby ʼn winkelsentrum, by ʼn kruidenierswarewinkel, in die parkeerterrein van ʼn kitskosrestaurant of by ʼn polisiestasie. Maak seker die gebied is besig en dat talle persone teenwoordig is.
  • Dit is beter om mekaar in die dag te ontmoet. As jy iemand in die aand moet ontmoet, maak seker dit is op ʼn plek waar daar baie ander mense gaan wees.
  • Dit is ʼn goeie idee om ʼn vriend of twee saam met jou te neem. Laat ander vriende en familie weet van jou planne. Laat hulle jou later op ʼn geskeduleerde tyd kontak as jy hulle nie eerste kontak nie.
  • Maak seker jy het jou selfoon by jou.
  • As jy iets koop of verkoop en jy is agterdogtig oor die verkoper of koper, moenie toelaat dat hulle in jou motor klim nie. Verlaat die gebied dadelik. Moet byvoorbeeld nie huiwerig wees om te sê: “Ek is jammer ek het jou tyd gemors. Iets het voorgeval en ek moet dadelik vertrek. Weereens jammer daaroor.” En vertrek dan dadelik. Jou veiligheid is belangriker as om beleefd te wees.
  • Moenie ʼn groot bedrag kontant by jou dra nie.
  • Verlaat dadelik die ontmoeting as die produk wat geadverteer is, nie op die ooreengekome plek is nie.
  • As jy beroof word, gee die verdagtes alles wat hulle van jou eis. Jou lewe is meer kosbaar as eiendom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

NeeBroer ·

Ek het al baie voertuie verkoop – ek verkoop eenvoudig slegs aan MY mense, afrikaners.

Die Verlore Skaap ·

Dit is bitter jammer dat ons land so agteruit gegaan het dat jy selfs te bang is om jou kar te verkoop ?

Johanna Botha ·

Ok handelaars die polisie het julle nou gewarsku so nou is julle op julle eie hoor ….polisie sal net die stukke kom optel na die tyd …..plaas die polisie n lokval stel en die mense VANG ….maar nee dit verseker te veel moeite !

daleen ·

Moenie eers die polisie pla daarmee nie, hulle het beter dinge om te doen as om jou te help – eet, slaap & inkopies te doen! hulle het mos gese wat jy moet doen, sien die “don’t disturb” bordjie by hulle

wilma ·

Toe ek ‘n voertuig vir ‘n toetsrit wou neem, moes ek my voertuigsleutels sowel as ID-dokument by die handelaar laat. Ek moes ook bewys van my woonadres lewer.

Wendy ·

Jy kan nie van die polisie verwag om ‘n lokval te stel by elke motorhandelaar vir elke persoon wat ‘n voertuig vir ‘n toetsrit wil neem nie!

pieter ·

Hoe kan 5 tot 15 ouens n voertuig wil koop net 1 ou koop hom as da meer is jaag hul weg
as ek n voertuig koop gaan ek en my vrou alleen nie my hele famielie nie hul help my nie betaal nie

Scalla ·

Ek is n bemarker en kan kies met wie ek wil besigheid doen, dit gaan nie oor ras, geslag, kleur ens nie, dit gaan oor besluite volgens jare se ondervinding.

Foxi ·

Hel man…….n mens moet jou hele lewe as ‘GEVAARLIK’ beskou in die land. 80° om jou kyk en soos n polisieman alles en almal as n verdagte beskou. Jy kan nie n ordentlike motor aanskaf nie, want jy weet nie of hulle jou motor ‘GEORDER’ het nie. Gaan koop jy jou maandelikse inkopies, moet jy iemand hê wat agter jou aanry, indien jy in n hoek gedryf word om jou besittings te roof. Watse soort lewe is dit? SLEG….SLEG!

Gert R@Midstream ·

HEL MAAR DIE LEWE IS UITDAGEND EN GEKOMPLISEERD. Deesdae lyk alle landsburgers anders. Almal is versigtig en tree “abnormaal” op. Volg ‘n kursus in “mensekennis”, miskien word jy dan nie so maklik ‘n teiken nie. “Tall order” vir gewone landsburgers. Ek is nie depressief of negatief nie. Is ek dalk onrealisties?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.