Motoris 8 keer op snelweg geskiet

Die M1-Noord in Johannesburg is heeltemal vir verkeer gesluit. Foto: Twitter via @SimplyThandeka

ʼn Motoris is dood toe hy Woensdagmiddag op die M1 in Johannesburg agt keer in sy motor geskiet is.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie (JMPD), het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 17:30 naby die Glenhove-afrit gebeur. Die M1-Noord is heeltemal gesluit ná die voorval.

Teen 18:45 was die polisie steeds op die toneel besig. Verkeer in die gebied word tans herlei.

Volgens Minnaar is baie min inligting tans oor die voorval bekend. Hy het bevestig dat die oorledene ʼn man in sy 30’s is en dat hy in ʼn wit Audi-voertuig was toe hy geskiet is.

“In die stadium weet ons nog glad nie wat gebeur het nie. Ons kan nie bevestig of dit ʼn huurmoord was of ʼn kaping of ʼn rooftog nie. Ons weet nog nie. Die motief vorm deel van die polisie se ondersoek,” het Minnaar gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Gert Meyer ·

MinisterSisulu, neem kennis. Dit is gevalle soos hierdie waarna die Australiers verwys en waarteen hulle burgers waarsku.

Susan ·

Hierdie is werklik n baie gevaarlike land hulle weet nie of dit huurmoord , kaping was nie so asof dit aledaags is
??

Seemonster ·

Wonder nogal of dit road rage was.
Snaaks dat daar geen addisionele inligting van mense in die voertuie rondom die slagoffer is nie.

Goeie vraag . . . ·

Goeie vraag Seemonster, maar dit is ook so dat jy so gou as moontlik gaan padgee om nie saam geskiet te word. Ook wil niemand betrokke raak selfs nie eers by ‘n motorongeluk. Sou die slagoffer dalk self kon stilhou dan het andere nie eers dadelik opgemerk wat gebeur want dis die laaste wat verwag word. Dis nou ANARGIE uit die boonste rakke in SA.

Conrad ·

Wys jou net Susulu lieg openlik vir die mense oor Australië se waarskuwing.??

Msp ·

Lindiwe Sisulu, please take note. Australia know’s more then you of whats going on in South Africa.

Boet ·

Jy is nerens meer veilig nie gooi jy petrol in wprd jy gekaap ry jy op die snel weg word jy geskiet , kom jy in n ongeluk word jy beroof ????? ??

Coenie ·

Dit raak soos die wilde weste al probleem is die sherrif is afwesig en dit kan n gevaar inhou vir toeriste so hoekom mag australia nie hulle burgers waarsku nie??

humor ·

Maroela kom hierdie daaglikse nuus soos ons dit ontvang in Australie en iewers in die buiteland ook uit? Veral by persone wat saakmaak? Jammer vir my onkunde

Marinda ·

Alle lande het moord, roof en doodslag. Party lande beheer dit net beter as ander, soos oa. Australia en Kanada.

Kyk bietjie DSTV, kanaal 132, dink ek. Vroeg oggend, so 2, 3 of 4 uur se kant. Daar is ñ “crime” program oor New Zealand en Australia. Van die moorde was grusaam.

Skuus ek kan nou nie die spesifieke naam onthou van die program nie.

Klink of iemand van die ou wou ontslae raak.

Stefaans ·

Marinda, Australië se bevolkingsmoordsyfer is 0.7 per 100 000. Ons sin is 32 per 100 000. So vir elke enkele grusame moord in Aus het ons 46 in Suid-Afrika.

Alki ·

Die agbare minister het 24/7 lyfwagte, so wat sal sy nou weet of omgee wat se gevare ons gewone landsburgers daagliks moet trotseer

Elizabeth ·

@Wonder: Ja……..die land is lankal in die “Mafia” se mag. Hulle is vir niemand bang nie en hulle weet hulle is in beheer.

Jammer ek moet die volgende sê: help my reg asb? As die land lyk soos hy lyk; en hulle sê God is in beheer………hoe sou die land lyk as Hy nié in beheer is nie??

MK ·

Dis erg kommerwekkend wat in ons land aangaan. Dis ‘n oorlogsgebied. Moord neem alle vorme aan – rasisme, wraak, jaloesie ens ens ens. Oorsee lyk die prentjie nie veel beter nie. Die media wil net die sensasie wat verkope en hits opjaag, publiseer. Ek sal seker gestenig word, maar dit kom terug na ‘n Godelike regering en ‘n nasie wat hom met erns aanbid. Geen morele waardes breek nie net ons land af nie, maar ook die wêreld. Die hele wêreld het ‘n Sodom & Gamora geword.

Neewat ·

Me. Sisulu se hier is NET wetsgehoorsame burgers in SA, die wittes en swartes het NIKS om te vrees van hulle mede-burgers nie, hier is geen genocide nie, hier is geen misdaad nie … alles gaan GOED, daar is net enkele gevalle .. en dan ‘verdien’ die slagoffers dit mos agv hulle rol gedurende apartheid .. Die QUEEN het oor haar voete geval om miljoene vir Ramaphosa in die sak te druk terwyl hulle nie kon wag om SANKIES op die Apartheids SA toe te pas nie . neewat .. die wereld WIL NIE SIEN wat hier aangaan nie .. soos een Engelsman skryf .. THE MURDERS ON FARMERS MAY BE BAD< BUT IT DOES NOT COMPARE TO THE ATROCITIES COMMITTED DURING THE APARTHEID ERA .. so ja .. 24 jaar na apartheid haak die Britte nog vas op apartheid .. so asof hulle nie die eintlike KOLONIALISTE van die hele wereld so te se was nie!

VanAfrika ·

Vanoggend se nuus op 94.7. Getuies sê die manne wat die skietery gedoen het, het deur die verkeer beweeg opsoek na hierdie man en sy wit audi. Toe hulle hom kry slaan hulle die venster uit, skiet hom en loop weg. Sit klink soos wraak.

Karen van Zyl ·

8 Skote, genade dit was met mening gedoen, seker maar ‘n huurmoord, klink so in elk geval

Frikkie Geld en huis ·

Die moordenaars het dalk die oorledene verkeerdelik identifiseer as Donkie Booysen. Toe klop hulle hom vir die beloning van R 500,000.

marous ·

Kom bele asseblief in Suid Afrika . As u meer as $1 biljoen vooruitstuur sal ons vir u elkeen ‘n koeelvaste baadjie oorhandig by die lughawe en ‘n begrafnis polis uitneem asook ‘n grend kis en grafsteen waarborg . As u egter in ‘n staats hospitaal beland verval die ooreekoms….Groete NSA DTI

Dries ·

Daar is n e-pos adres vir Min Sisulu. Kom elkeen van ons stuur al hierdie berigte ivm met die moorde aan haar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.