Motoris aangeval in Bolobedu-betoging

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Motoris is met klippe bestook en sy motor is aan die brand gesteek tydens ʼn diensleweringsbetoging in Hlohlokwe naby Bolobedu buite Tzaneen in Limpopo.

“Inwoners het Sondag die pad versper en die polisie moes die situasie onder beheer bring,” het lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, Maandag gesê. Die pad verbind Hlohlokwe en Mawa. hy het gesê ʼn stootskraper moet gebruik word om die versperrings in die pad te verwyder.

“ʼn Motoris wat nie bewus was van die betoging nie, het probeer om Sondagaand deur die versperrings te ry en hy is met klippe bestook,” het Ngoepe bygevoeg. “Hy is aangeval en sy motor is aan die brand gesteek.”

Die motoris en sy drie passasiers is ongedeerd. Die polisie het hulle Maandagoggend omstreeks 04:00 in ʼn nabygeleë bos gevind. ʼn Saak van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ʼn Spesialis-taakspan is aangestel om die oortreders aan te keer. Nog polisiebeamptes is in die gebied ontplooi om die situasie te monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.