Motoris beboet oor spoed; vas na hy wéér jaag

Foto: Gautengse departement van verkeersveiligheid, Facebook

Foto: Gautengse departement van verkeersveiligheid, Facebook

ʼn Motoris wat deur die Ekurhuleni-metropolisie van die pad afgetrek en beboet is vir ʼn spoedoortreding, is oomblikke daarna in hegtenis geneem nadat hy weer ʼn spoedoortreding begaan het.

Insp. Kobeli Mokheseng, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, het gesê die bestuurder van ʼn wit VW Polo is op die R23 in Brakpan van die pad afgetrek nadat hy teen 104 km/h in ʼn 80 km/h-sone gery het. Die man is met R800 beboet.

Mokheseng het gesê die motoris het nadat hy die boete ontvang het weggejaag, en is weer betrap waar hy die keer 117 km/h gery het. Beamptes van die verkeerspolisie het hom agternagesit en in hegtenis geneem.

Volgens Mokheseng is die man een van 15 mense wat Sondagoggend in hegtenis geneem is en van roekelose of nalatige bestuur aangekla is. Die verdagtes sal binnekort in die Brakpan-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.