Motoris brand dood, nog een sterf in botsing

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Twee mense is dood nadat twee voertuie Saterdagoggend by die aansluiting van Swartkoppies- en Potgieterweg in Alberton gebots het.

“Toe paramedici by die toneel aankom, het hulle een voertuig gevind wat heeltemal uitgebrand het en nog ʼn voertuig wat langs die pad staan,” het Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, gesê.

Volgens Van Huyssteen was paramedici van ʼn ander ambulansdiens reeds besig om een van die beseerdes te behandel en dié man was in ʼn kritieke toestand. “Ondanks paramedici se volgehoue pogings het die pasiënt op die toneel aan sy veelvuldige beserings beswyk.”

ʼn Tweede persoon is in die voertuig gevind wat uitgebrand het. “Daar was ongelukkig niks wat gedoen kon word nie aangesien die insittende reeds doodgebrand het,” sê Van Huyssteen.

Die oorsaak van die botsing word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Cry my Beloved Country ·

Australia:
The latest Australian road fatality data shows that:
During calendar 2017 there were 1 224 road deaths.

South Africa:
According to the statistics‚ 14 050 people died in road crashes in South Africa in 2017.

“Unfortunately too many South Africans have an extremely bad attitude towards safe road use‚ and all the education and enforcement in the world will not stop those intent on playing by their own rules. Without a change of attitude among road users – and‚ importantly‚ a respect for the law – efforts to decrease fatalities and crashes by a noticeable margin will fall flat‚” said the association (AA)

Lola ·

It will never change. This morning, like every morning on the Ben Schoeman highway into town there are motorists who drive 60km/h, there are motorists that drives 120km/h. There are motorists that drive 95 in the right hand lane because the speed limit is 100 and they will not go to their left doesnt matter what. It really will never change.

Perspektief ·

Australië het dubbel die aantal voertuie as wat op Suid-Afrika se paaie is.

Suid-Afrika beskou en tel iemand wat in ‘n motorongeluk was en later aan sy beserings
in ‘n hospitaal sterf nie as ‘n motorongeluk sterfte nie. Dit word nie gereken as ‘n padsterfte nie en nie by statistiek ingesluit nie. Australië daarenteen, beskou iemand wat selfs maande daarna aan sy bserings sterf as deel van hul padsterftestatistiek.

Statistiek ·

The latest Australian road fatality data shows that:

During calendar 2017 there were 1 224 road deaths.

According to the statistics‚ 14 050 people died in road crashes in South Africa in 2017. 

Johan ·

Van die mense is Suid Afika en die van Australia is nie die selfde soort mense nie .

Ken ·

South Africa has the worst drivers in the world! Intolerant, arrogant, no consideration for fellow road users and just downright pathetic. Behaviour on the roads reflects huge issues in SA society. Won’t change soon, road carnage will continue…..

Johann cb ·

Then the answer is for you to return to where you came from! Is SA no longer good enough for you?

Cherokee ·

In how many countries have you been driving a car? Do you speak of experience or just guess? You can not say Cape Town is the ugliest city in the world if you’re nowhere else than Cape Town.

Ken ·

@Johann and Cherokee – pathetic responses. Cherokee, I’ve been to 23 different countries, and nowhere are the drivers as bad as in SA. SA as a country is great, huge issues with society though. People need a wake-up call on the roads, and if you disagree you’re part of the problem. Then get with the picture.

Johan ·

@Johann cb: Jou argument om die padslagting op ons paaie te stop is dat iemand wat die oorsake daarvan uitwys ‘terug moet gaan waar hy vandaan kom’.

Amusant.

JJ ·

Die meeste mense slaan absoluut geen ag op verkeersreëls nie. Die ou storie!
Kyk ‘n bietjie hoe ongeduldig raak bestuurders, van groter voertuie, veral as kleiner motors voor hul ry.Kan nie wag dat daardie sogenaamde puntestelsel in werking tree nie

Statistiek ·

@JJ: Jy is heeltemal reg – die meeste mense slaan geen ag op verkeersreëls nie.

Inherent is ons samelewing sonder respek vir dissipline. Ons samelewing stel eiebelang en selfsug eerste. ‘n Ander mens word nie meer gerespekteer nie. Korrupsie laat toe dat ons samelewing geen wet of reëls respekteer nie.

En ons land en sy mense betaal die prys daarvoor.

Johann cb ·

Ek verstaan nie hoekom die moderne motors so gou aan die brand raak nie! Moderne tegnologie behoort sulke voorvalle uit te skakel!

Waarheid ·

Wat gaan Desember vakansietyd op die paaie gebeur? Bly eerder tuis.

Manie ·

Daardie tipe van botsing by n kruising is net een ding. Iemand het nie stilgehou wat moes stilhou. Dit is nou siekte onder motoriste. Ek sien daagliks hoe mense verkeersligte en stopstrate verontagsaam. Sal nie beter word tot die korrupte verkeersmense verwyder word.

Ben ·

Let op die kleur van die voertuie. Swart kleur voeruie smelt weg in die agtergrond van die swart teerpad. Hierdie kleur voertuie nie sigbaar.

Statistiek ·

@Waarheid:
1562 is in Desember 2017 in Suid-Afrika dood op ons paaie. Dit is Desember alleen.

In Australië met dubbel die aantal voertuie as in Suid-Afrika was daar in 2017 die HELE JAAR 1224 padsterftes.

Voeg hierby die aantal moorde, motorkapings, verkragtings, huisrooftogte, geweldadige aanvalle, plaasmoorde in Suid-Afrika, dan tref die realiteit in watter mate het korrupsie en gebrek aan dissipline en persoonlike verantwoordelikheid ons land ‘n risiko gemaak het om in te probeer oorleef. Selfs dan is ‘n faktor soos rassisme nie ingereken nie en sal ‘n wit jong mens, gegradueerd of nie, sukkel om ‘n werk te kry.

Abe ·

Vir elke padongeluk wat gebeur het, het ten minste een persoon (mens) op een of ander wyse foutiewelik opgetree: ontstellende feit.

jakes ·

Wees dankbaar dat jy elke dag veilig teugkeer n jou huis en familie na n rit in jou motor want as misdadigers jou nie beroof, geskiet of gekaap het nie dan kan jy nog maklik gesterf het in n motorongeluk want 60 % het nie bestuurslisensies nie, 30% het dit iewers gekoop en slegs 30% het wel wettige lisensies waarvan net 10% die padreels nakom. So waarmee los dit jou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.