Motoris by kruising doodgeskiet

Die toneel. Foto: Netcare 911

ʼn Man is Maandag in sy motor doodgeskiet terwyl hy by ʼn kruising in Johannesburg gewag het.

Die voorval het op die hoek van Queensweg en Princess Place in Parktown gebeur, het Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

Volgens Herbst is paramedici omstreeks 15:50 na die toneel ontbied. “Volgens berigte van die toneel het die man verskeie skietwonde opgedoen terwyl hy in sy motor by die kruising gewag het.

“Sy motor het teen ʼn wal afgeloop in ʼn park in nadat hy geskiet is.” Herbst het gesê die man is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Die voorval word deur die polisie ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

IK ·

‘n Lewe in SA is absoluut niks werd, of hoe Cyril, Lindiwe ?

Gaitsigubib ·

Jip, moordenaar is met n selfoon betaal. Hy het hom sommer gevat by die ou wat hy geskiet het!

willem Botha ·

Was hierdie n moord of n roof wat skeefgeloop het.Die “sapd” ondersoek altyd alles maar misdaadvoorkoming blyk net by misdade waarby perlemoen betrokke is te gebeur wat n patetiese klomp seker die swakste in die wereld.

Hoe dan nou? ·

@willem, maklik om n vinger te wys…reflekteer bietjie op jou bydrae tot die samelewing om sodoende jouself in n posisie te sit om regverdig te kan kommentaar.

ulinda ·

die antwoord sal dalk in sy selfoon rekening staat lê,
RIV vreemdeling, mag God gee dat die raaisel opgelos word!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.