Motoris by verkeerslig doodgeskiet

Foto: Twitter via @crimeairnetwork

ʼn Motoris is Maandag dood toe hy ten aanskoue van minstens een ooggetuie agter die stuur van sy motor geskiet is.

Kapt. Andre de Jager, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 17:30 op die hoek van Van Buuren- en Kloofweg in Bedfordview gebeur.

Volgens De Jager het die oorledene in sy Porsche by ʼn verkeerslig stilgehou, toe ʼn motorfiets met twee mense op langs hom stilgehou het. Hulle het op die Porsche losgebrand en daarna weggejaag. Dit is nie tans duidelik hoeveel skote afgevuur is nie.

De Jager sê die motoris kon daarin slaag om sowat 100 m verder te ry en uit sy motor te klim voordat hy inmekaar gesak en op die toneel gesterf het. Volgens die polisie het ʼn ooggetuie wat agter die motoris by die verkeerslig gestaan het gesien wat gebeur.

Niks is tydens die voorval gesteel nie.

Ondanks berigte dat die voorval ʼn huurmoord was, wou De Jager nie oor die motief van die moord bespiegel nie. Hy het gesê dit vorm deel van die polisie se ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die naam van die oorledene kan nog nie bekend gemaak word nie aangesien al sy naasbestaandes nog nie formeel in kennis gestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Corne ·

Info From:
Intelligence Bureau SA Facebook Page

‪The man killed in a hit in Bedfordview yesterday was George Mihaljevic, a well known businessman with ties to the underworld. Also known as ‘Hollywood George’, he used to own the Sandton Gold and Diamond Exchange and Salon Prive. He’s of Serbian/Montenegrin descent. ‪Mihaljevic’s beauty queen wife and two young children live in Bulgaria. He left South Africa after his own father was kidnapped and beaten a few years ago. ‬He subsequently died. ‪I met Mihaljevic at his Sandton Gold and Diamond Exchange years ago, when he was doing business with Krejcir. He was also friends with Chris Couremetis aka Mr Big who was shot in a hit at The Cradle. Mihaljevic was charming and insisted he was a clean, legitimate businessman. ‬

Sê Wie ·

Ministry Of Crime – An Underworld Exposed (Mandy Wiener)

VanAfrika ·

Hy word deur twee motorfietsryers doodgeskiet en dit word selfmoord genoem, huh??????

SjN ·

iemand het vir iemand ingedoen met n transaksie, nie selfmoord, maar revenge.

Blommie ·

Karn julle, Daan gebruik duidelik sarkasme…
Want in die LAND weet hulle kamstig nooit NIE. Al is dit duidelik soos dag lug!
Want NIKS is mos ernstig nie. Word mos nou n algemene ding

Stephen Namibia ·

Maar volgens Cyril en Sisulu is Trump waningelig oor wat in SA aangaan!!

Wilma ·

Hulle sal ook weg kom met moord soos wat met Chanelle Henning se moord. Nee wat in die land kan jy maar maak soos jy wil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.